Riglyne vir omgewingsjoernaliste

Botes, Engela (2001-03)

Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2001.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: It is calculated that the biosphere is worth between $16 and $54 trillion. The environment, however, is constantly under threat of proposed development that focuses on recreational, industrial, commercial and residential developments. The environment is an unobtrusive subject. Members of the public can seldom gain firsthand experience about those activities and actions that influence the environment. Therefore, the public relies heavily on the media to inform them of the general state of the environment. This thesis aims to provide guidelines to journalists who work in the field of environmental reporting. Various models of the communication of science, according to which environmental journalists present their work, are discussed. Sustainable journalism is presented as a solution in the debate between objective and subjective reporting. Environmental journalists have diverse sources to tap in search of credible articles. Attention is given to the specific relationship between the media, scientists and lobby groups. Attention is also given to the process of interviewing sources. Certain issues and activities generate more media attention than others. This is discussed with reference to news subjects, agenda setting and the framing of messages. Attention is given to the issues that make a subject newsworthy, ie risk journalism, local input, human interest, conflict and visual impact.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die waarde van die biosfeer word geskat tussen $16 en $54 triljoen. Die omgewing word daagliks in gedrang gebring deur voorgestelde ontwikkeling wat fokus op ontspanning, industriële, kommersiëleen residensiële uitbreidings. Omdat die omgewing 'n onopvallende ("unobtrusive")onderwerp is, steun die publiek swaar op die media om hulle in te lig oor die belangrikheid en invloed van gebeurtenisse in die omgewing wat hulle nie self kan ervaar nie. Daarom speel omgewingsjoernalistiek 'n baie spesifieke rol in die bewusmaking van die publiek oor aspekte wat die omgewing bedreig of interessant maak. Dit moet ook die publiek aanspoor tot direkte omgewingsvriendelikeaksies. Riglyne word in hierdie verhandeling uiteengesit in 'n poging om tot hulp te wees vir joernaliste wat die omgewing hul belangstellingsveldwil maak. Die verskillende modelle van wetenskaplike kommunikasie, waarvolgens omgewingsjoernaliste hul werk aanbied, word bespreek. Volhoubare joernalistiek word as oplossing aangebied in die debat oor objektiewe en subjektiewe verslaggewing. Die verskillende bronne wat omgewingsjoernaliste kan tap om nuuswaardige artikels te kan skryf, word bespreek. Daar word veral gekyk na die media se verhouding en wisselwerking met wetenskaplikes en drukgroepe. Die proses van onderhoudsvoering word ook bespreek. Die suksesvolle gebruik van nuusonderwerpe, asook agendastelling en die raming van artikels om 'n bepaalde boodskap oor te dra, word bespreek om lig te werp op die vraag waarom sekere omgewingsverwante gebeure meer media-aandag genereer as andere Aandag word gegee aan die faktore wat nuuswaardigheid beïnvloed, soos die onmiddellikheid van nuus, risiko-joernalistiek, plaaslike inhoud, die menslike nuushoek, konflik en beeldmateriaal.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/52440
This item appears in the following collections: