Parking policy and- problems in business areas with reference to the central business district of Paarl

King, David John (2001-03)

Thesis (MS en S)--Stellenbosch University, 2001.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The problem of parking has been with mankind almost from the day that the first carriage was invented. Everyone that owns a motor car knows competing for a parking space in a town centre can be frustrating. This study sets out to explain the phenomenon of parking and attempts to discover how the demand and supply of parking interacts with one another. Parking demand and supply needs to be balanced by policy makers in local governments. Local govemments are in a unique position in laying down guidelines for the provision of parking. These guidelines can influence and direct the way in which parking is supplied in the central business district. A better understanding of parking demand was attained through examining parking behaviour in the central business district of Paarl. The demand for parking was measured and conclusions drawn regarding on-street and off-street parking provision. In-lieu parking fees were found to be a viable alternative to providing parking in the central business district. The minimum parking standards for Paarl were examined and the conclusion arrived at showed that the standards need to be revised. The standards seem to be too high if compared to the current supply of parking in the central business area. The main recommendations made in this study are that further parking survey studies . need to be conducted to forecast the demand for parking in the central business area over the short- to medium term. The Municipality of Paarl should adopt a comprehensive parking policy that guides and manages the provision of parking in the central business district. This policy should be continually adapted and updated to keep track with the changing nature of transport modes and behaviour.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Parkering as 'n probleem is saam met die mensdom al vandat die eerste trekkar ontwikkel is. Elke motoreienaar weet dat dit baie frustrerend kan wees om parkeerplek in die dorpskern te soek. Die studie ondersoek die fenomeen van parkering en poog om te ondek hoe die vraag en aanbod van parkering by mekaar inskakel. Dit is die taak van beleidsmakers in plaaslike owerhede om parkeervraag en -aanbod te balanseer. Plaaslike owerhede is in 'n unieke posisie as dit kom by die ontwerp en implementering van regulasies oor parkeervoorsiening. Hierdie regulasies beïnvloed en lei die manier waaarop parkering in die sentrale sakekern voorsien word. 'n Beter begrip van parkeervraag is verkry deur parkeergedrag in die sentrale sakekern van die Paarl te ondersoek. Die vraag na parkering is gemeet oor 'n sekere tydperk en gevolgtrekkings oor op-straatse en af-straatse parkeervoorsiening is gemaak. Parkeervoorsieningsfooie in plaas van parkeerplekvoorsiening word gesien as 'n goeie alternatief om te sorg dat genoegsame parkeerplekke beskikbaar is in die sentrale kern. Die minimum parkeerstandaarde vir Paarl is ook ondersoek en die gevolgtrekking is gemaak dat hierdie standaarde hersien moet word. Die standaarde kom voor as te hoog as dit vergelyk word met die huidige vraag na parkering in die sentrale sakekern. Die hoof aanbevelings wat in hierdie studie gemaak is sluit in dat verdere parkeerstudies gedoen moet word om die vraag na parkering te kan vooruitskat. Die vooruitskattings moet oor die kort- tot mediumtermyn geskied om te voorkom dat die data relevansie verloor. Paarl Munisipaliteit moet ook 'n omvattende parkeerbeleid wat die voorsiening en beheer van parkering defineer en lei daarstel. Die beleid moet gereeld verander en aangepas word om tred te hou met veranderings in vervoermodusse en parkeergedrag.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/52394