n Taalbeleid om veeltaligheid aan die Universiteit van Stellenbosch te bevorder

Date
2001-03
Authors
Jacobs, Johannes Daniel
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This assignment is based on the principles of the sociolinguistic theory. Exponents of the sociolinguistic theory focus on the social dimension of language. They argue that language planning is part of social change, and as such it is subjected to the rules of social change. Language planning does not take place in a vacuum and therefore, the exponents of the sociolinguistic theory also focus on the broader societal factors such as the economic, political, demographic and psigological factors that influence language planning during the planning phase. This study investigates the manner in which the University of Stellenbosch dealt with multillingualism through its language policy. In this regard the investigation aims to establish whether the University of Stellenbosch is doing enough in terms of its language policy to promote multilingualism through developmental programmes, in order to make the university more accessible for non-Afrikaans speakers from the community it serves. This study also investigates the historic background of the university and nationalism in dealing with the lingusitic and Afrikaans character of the University. In this regard the focus is on the role of Afrikaner Nationalism, the role it played in the language policy, and also how it influenced the broader political goals of nation building and reconciliation. Against this backdrop a critical analysis is made of the language policy of the University of Stellenbosch based on the provisions of the constitution and language ideological models. Lastly this study aims to make recommendations for a language policy at Stellenbosch University which will promote multilingualism, by recognising all the official languages, through this the university will be more accessible for non-Afrikaans speakers, especially those in the Western Cape.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die werkstuk is gebaseer op die beginsels van die sosiolinguistiese teorie. Voorstanders van die sosiolinguistiese teorie plaas die fokus op die sosiale aard van taal. Taalbeplanning is deel van sosiale verandering, en is as sulks onderhewig aan die reëls van sosiale verandering. Taalbeplanning geskied nie in 'n vakuum nie, en daarom fokus voorstanders van die sosiolinguistiese teorie ook op die breër sosiale faktore soos die ekonomiese, politieke, demografiese en psigologiese faktore wat taalbeplanning beinvloed tydens die beplanningsfase. Hierdie studie is 'n ondersoek na die wyse waarop veeltaligheid aan die Universiteit van Stellenbosch hanteer word. In hierdie verband word ingegaan op die kwessie of die Universiteit van Stellenbosch in terme van sy taalbeleid, genoeg doen om veeltaligheid deur ontwikkelingsprogramme te bevorder sodat die universiteit meer toeganklik kan wees vir nie-Afrikaanssprekendes uit die gemeenskap wat dit dien. Die studie ondersoek ook die historiese agtergrond van die universiteit en nasionalisme in die hantering van die taal- en Afrikaanse karakter van die universiteit. In dié verband word spesifiek gefokus op die rol van Afrikanernasionalisme, asook die wyse waarop die breër politieke strewes van nasiebou en versoening die formulering van die universiteit se taalbeleid beïnvloed het. Teen hierdie agtergrond word 'n kritiese analise gedoen van die taalbeleid van die Universiteit van Stellenbosch aan die hand van die bepalings van die grondwet en taalideologiese modelle. Laastens word aanbevelings gemaak vir 'n taalbeleid aan die US wat veeltaligheid sal bevorder deur erkenning te gee aan alle amptelike tale veral in die Wes-Kaap sodat die US meer toeganklik kan wees vir nie-Afrikaanssprekendes.
Description
Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2001.
Keywords
Universities and colleges -- South Africa, Language policy -- South Africa, Multicultural education -- South Africa, Language and education -- South Africa, Sociolinguistics -- South Africa, Dissertations -- Public administration, Theses -- Public administration
Citation