A conceptual analysis of a reflexive democratic praxis related to higher education transformation in South Africa

Waghid, Yusef (2001-03)

Dissertation (PhD)--University of Stellenbosch, 2001.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The central question of this thesis is whether education policy frameworks are sufficient to transform the higher education system in South Africa. I hold that higher education policy initiatives promulgated in statutory documents such as the White Paper 3 on Higher Education Transformation of 1997 and the Higher Education Act of 1997 are not sufficient to guide educational transformation in universities. My main claim is that as higher education role players we also need to pursue practices driven from "inside" (Gutman 1998: 34) whereby we can develop the "strength of will" to contribute towards initiating equal access and development and, enhancing accountability and quality at our universities. I hold that in order to practice higher education transformation from "inside" (Gutman 1998: 34), one can justifiably pursue a reflexive democratic praxis for the reason that it involves a form of "doing action" with some worthwhile, rational end in mind. It has to do with engaging in reflexive and democratic action attuned to social experience, more specifically higher education, where possibilities may be contemplated, reflected upon, transformed and deepened. To deepen our understanding of our actions involves asking questions about "what we have not thought to think" (Lather 1991: 156). I argue that philosophy of education, more specifically conceptual analysis, is an indispensable means by which we can develop such a deeper, clearer, more informed and better reasoned understanding about the current shifts in higher education transformation in post- apartheid South Africa. Simultaneously, I use conceptual analysis to show why and how the idea of a reflexive democratic praxis can become a "satisfying sense of personal meaning, purpose, and commitment" (Soltis 1998: 196) to guide our activities as educators in the higher education realm. The general principle, which shapes a reflexive democratic praxis, is rationality. Rationality is shaped by logically necessary conditions such as "educational discourse", "reflexive action" and "ethical activity to promote the moral good" in the forms of truthtelling and sincerity, freedom of thought, clarity, non-arbitrariness, impartiality, a sense of relevance, consistency and respect for evidence and people. My contention is that appealing to moral notions of rationality is where the strength of a reflexive democratic praxis lies. In this sense I further elucidate rationality which I argue can create spaces for achieving democratic education which, in tum, holds much promise for shaping teaching and learning through distance education, research and community service in the context of higher education transformation in South Africa. I use "touchstones" which evolve out of rationality, namely access, relevance and dialogism, to show how the idea of a reflexive democratic praxis can contribute towards shaping higher education transformation in South Africa. I provide an overview of the South African higher education policy framework, in particular its concern with issues of equality, development, accountability and quality, which can be linked to and guided by "touchstones" of a reflexive democratic praxis. A reflexive democratic praxis implies a shift towards socially distributed knowledge production which in turn shapes higher education transformation. By reflecting on instances related to the institution where I work, I argue that a more nuanced understanding of higher education has the potential to initiate equal access and , development on the one hand, and to enhance accountability and quality on the other hand. I conclude with the idea that a reflexive democratic praxis can provide higher education practitioners with a conceptual frame to organise their discourses in such a way as to contribute towards transforming their activities and that of their institutions. In this way they might contribute towards addressing the demands of equality, development, accountability and quality in South African higher education. KEYWORDS: Philosophy of education, conceptual analysis, reflexivity, democracy, praxis, higher education, transformation and South Africa.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die sentrale kwessie wat hierdie proefskrif aanspreek, is die vraag of die raamwerke vir onderwysbeleid genoegsaam is vir die transformasie van hoër onderwys in Suid-Afrika. Ek is van mening dat die proklamasie van inisiatiewe ten opsigte van die beleid vir hoër onderwys in statutêre dokumente soos die Witskrif 3 oor die Transformasie van Hoër Onderwys (1997) en die Wet vir Hoër Onderwys (1997) nie genoegsaam is om transformasie aan universiteite te rig nie. My hoofstandpunt is dat ons, die rolspelers in hoër onderwys, ook aandag moet gee aan praktyke wat "van binne uit" gedryf word (Gutman 1998: 34). Op so 'n manier kan ons die "wilskrag" ontwikkel wat sal bydra tot die inisiering van gelyke toelating en ontwikkeling en die versterking van verantwoordelikheid en kwaliteit aan ons universiteite. Ek is van mening dat dit geregverdig is om die transformasie van hoër onderwys "van binne uit" te bewerkstellig deur 'n refleksiewe demokratiese praktyk omdat dit 'n soort aksie verg wat 'n betekenisvolle rasionele doel het. Dit gaan oor refleksiewe en demokratiese aksies wat afgestem is op sosiale ondervinding, veralop die hoër onderwys, waar verskillende moontlikhede oorweeg kan word, daaroor gereflekteer kan word en dit dan getransformeer en verdiep kan word. Ter wille van die verdieping van ons begrip van ons aksies moet vrae gevra word oor "what we have not thought to think" (Lather 1991: 156). My argument is dat die filosofie van die opvoeding, meer spesifiek 'n konseptuele analise, 'n onontbeerlike manier is om 'n dieper, duideliker, meer informatiewe en beter beredeneerde begrip te ontwikkel van die huidige klemverskuiwings in die transformasie van die hoër onderwys in 'n post-apartheid Suid-Afrika. Daarmee saam gebruik ek konseptuele analise om aan te toon waarom en hoe die idee van 'n refleksiewe demokratiese praktyk 'n "satisfying sense of personal mearung, purpose, and commitment" (Soltis 1998: 196) kan word om ons aktiwiteite as opvoedkundiges in die hoër onderwys te kan rig. Die algemene beginsel wat aan 'n refleksiewe demokratiese praktyk sy vorm gee is 'n rasionaliteit. Rasionaliteit word gevorm deur logies-noodsaaklike beginsels, bv "opvoedkundige diskoers", "refleksiewe aksie" en "etiese aktiwiteite wat goeie moraliteit bevorder" soos dit aangetref word in die praat van die waarheid, opregtheid, vryheid van denke, helderheid, nie-arbitrêrheid, onpartydigheid, 'n sin vir relevansie, konstantheid en respek vir bewysstukke en mense. My standpunt is dat die sterkte van 'n refleksiewe demokratiese beleid daarin geleë is dat dit aanspraak maak op morele kwessies van rasionaliteit. Ek verklaar rasionaliteit in hierdie sin verder deur te beweer dat dit die plek is om demokratiese onderwys te verwerklik, wat op sy beurt groot beloftes inhou vir onderrig en leer deur middel van afstandsonderwys, navorsing en gemeenskapsdiens in die konteks van die transformasie van hoër onderwys in Suid-Afrika. Ek gebruik kwaliteitsaanduiders wat ontwikkel uit rasionaliteit, naamlik toeganklikheid, relevansie en samevattings om aan te toon hoe die idee van 'n refleksiewe demokratiese praktyk kan bydra tot die vorming van die transformasie van hoër onderwys in Suid- Afrika. Ek verskaf 'n oorsig oor die raamwerk vir die Suid-Afrikaanse beleid oor hoër onderwys, In die besonder oor aspekte soos gelykheid, ontwikkeling en verantwoordbaarheid, wat gekoppel kan word aan en geng kan word deur die kwaliteitsaanduiders van 'n refleksiewe demokratiese praktyk. 'n Refleksiewe demokratiese praktyk impliseer 'n klemverskuiwing in die rigting van sosiaal-verspreide kennisproduksie wat vorm gee aan die transformasie van hoër onderwys. Deur te reflekteer oor gebeure wat verband hou met die inrigting waar ek werk, argumenteer ek dat 'n fyner genuanseerde omskrywing van hoër onderwys die potensiaal het om aan die een kant gelyke toeganklikheid en ontwikkeling te inisieer en aan die ander kant om verantwoordbaarheid en kwaliteit te versterk. Ek sluit af met die gedagte dat 'n refleksiewe demokratiese praktyk die praktisyns van hoër onderwys van 'n konseptuele raamwerk kan voorsien wat hul diskussies op so 'n manier salorganiseer dat dit sal bydra tot die transformasie van hulle aktiwiteite en die van die inrigtings waarby hulle betrokke is. Op so 'n manier kan 'n bydrae gelewer word tot die aanspreek van die eise van gelykheid, ontwikkeling en verantwoordbaarheid en kwaliteit van hoër onderwys in Suid-Afrika. SLEUTELBEGRIPPE: Filosofie van die opvoeding. konseptuele analise, refleksiwiteit, demokrasie, praktyk, hoër onderwys, transformasie en Suid-Afrika.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/52068
This item appears in the following collections: