The implementation of socio-economic rights in South Africa : a meta-analysis

Seleoane, Lebohang Clyde (2000-12)

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2000.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Socio-economic rights are the subject of much debate in South Africa and elsewhere. At first they were simply denied the status of any rights at all. Lately, there is a fair amount of recognition for them as rights. The tendency is, however, to relegate them to paper rights and invest very little effort in bringing about their actual realisation. In this thesis I inquire into the question of what a human right, properly so called, is, and then whether, in the light of that inquiry, there is a basis for the reluctance to embrace socio-economic rights. South Africa is uniquely fortunate in having a constitution that gives recognition to socio-economic rights and requiring the Human Rights Commission to monitor their implementation. But again there is a risk that the recognition of socioeconomic rights is left as a constitutional matter, and nothing or little is done for their practical implementation. Therefore I inquire into the manner in which the Human Rights Commission monitors the implementation of these rights. The inquiry into the Human Rights Commission's monitoring role is largely a question of methodology. Whether, in other words, the methods of the Commission are such as to yield reliable information on the subject. I also inquire whether the government's budgetary allocations indicate a serious approach to these rights. The budgetary allocations that are brought under the microscope relate to the seven core rights enshrined in the constitution, namely, housing, health care, food, water, social security, education, and environmental rights.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Sosio-ekonomiese regte is die onderwerp van vele debatte in Suid-Afrika en elders. Aanvanklik was daar nie erkenning gegee aan die status van hierdie regte nie. Hierdie situasie het die afgelope tyd begin verander. Die tendens is egter steeds om dit te sien as regte slegs op papier en daar word nie 'n poging aangewend vir die realisering van hierdie regte nie. Ek ondersoek in hierdie tesis die kwessie van wat 'n mensereg, korrek so genoem, is en ook of, in die lig van hierdie ondersoek, daar 'n basis is vir die huiwering om sosio-ekonomiese regte te aanvaar. Suid-Afrika is uniek in die sin dat die konstitusie erkenning gee aan sosioekonomiese regte en die Waarheid-en Versoeningskommissie opdrag gegee het om die implementering daarvan te monitor. Daar is egter weereens die risiko dat die erkenning van sosio-ekonomiese regte slegs gesien word as 'n konstitusionele aangeleentheid en dat niks of baie min gedoen word rakende die praktiese implementering daarvan. Ek stel daarom ook ondersoek in na die wyse waarop die Menseregtekommissie die implementering van hierdie regte moniteer. Die ondersoek na die monitering van die Menseregtekommissie is hoofsaaklik metodologies van aard; dus of die metodes wat gebruik is, deur die Menseregtekommissie, betroubare inligting verskaf. Ek ondersoek ook of die regering se begrotingallokasies 'n ernstige ingesteldheid jeens hierdie regte toon. Die begrotingsaspekte wat ondersoek word hou verband met die sewe kernregte soos vervat in die konstitusie naamlik behuising, gesondheidsorg, voedsel, water, sosiale sekuriteit, opvoeding en omgewingsregte.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/51985
This item appears in the following collections: