Restoring Shalom in the economy

Date
2000-12
Authors
Landman, Leanne
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This thesis investigates why human poverty and environmental degradation still exist to the extent that they do in a world where there appears to be sufficient scientific and social knowledge to reduce them considerably. It asserts that the reason they continue to exist on such a large scale is because their root cause - a mistaken understanding of humanity's role in creation - has not been sufficiently examined. Humanity's mistaken understanding of ourselves as the Cartesian lords of creation is addressed by introducing the Biblically-based concept of Shalom, as interpreted by theologians Ulrich Duchrow and Gerhard Liedke in their book, Shalom. Biblical Perspectives on Creation, Justice and Peace (1987). The concept stresses how our exploitative relationship towards creation results in destructive relationships with our fellow human beings and ultimately with God. The thesis argues that global capitalism's central value of accumulating wealth for its own sake has severely disrupted Shalom in society and the rest of creation. Using a second work of theologian Ulrich Duchrow, Alternatives to Global Capitalism. Drawn from Biblical History Designed for Political Action (1995), the social and environmental poverty inducing structures within the world economy are highlighted. It is asserted that in order to reduce poverty and environmental degradation within the economy, this central value of wealth accumulation for its own sake has to be replaced with one that seeks to satisfy the basic needs of all people. The thesis also discusses the inability of the South African government's macro economic strategy - the Growth, Employment and Redistribution plan (GEAR)- to create Shalom. In order for the macro-economic strategy of South Africa to address the exploitative relationships that exist within the economy, it is argued that a more critical attitude towards the values and structures of the market economy is needed.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis ondersoek die vraag hoekom armoede en omgewingsaftakeling steeds bestaan in 'n wêreld waar genoegsame wetenskaplike en sosiale kennis beskikbaar is om dit aansienlik te verminder. Dit argumenteer dat die rede waarom hierdie probleme op so 'n groot skaal voortbestaan, is omdat hulle grondoorsaak - 'n verkeerde verstaan van die mens se rol in die skepping - nie voldoende ondersoek is nie. Die mensdom se misverstaan van sigself as die Cartesiaanse meesters van die skepping word aangespreek deur die ondersoek van die Bybels-gebasseerde konsep van Shalom, soos geïnterpreteer deur die teoloë Ulrich Duchrow and Gerhard Liedke in hulle boek Shalom. Biblical Perspectives on Creation, Justice and Peace (1987). Die konsep benadruk hoe ons eksploiterende verhouding tot die skepping resulteer in 'n vernietigende verhouding met ons medemens en uiteindelik, met God. Die tesis argumenteer dat globale kapitalisme, met die akkumulasie van welvaart vir sigself as sentrale waarde, Shalom ondermyn in die wêreld en die res van die skepping. Deur gebruik te maak van 'n tweede werk van die teoloog Ulrich Duchrow, Alternatives to Global Capitalism. Drawn from Biblical History Designed for Political Action (1995), word die strukture wat sosiale- en omgewings-armoede veroorsaak binne die wêreldekonomie, ondersoek. Dit word gestel dat, ten einde armoede en omgewingsvernietiging te verminder, hierdie sentrale waarde van welvaartakkumulasie vir sigself vervang moet word met een wat daarna streef om die basiese behoeftes van mense te bevredig. Die onvermoë van die Suid-Afrikaanse regering se makro-ekonomiese strategie, naamlik die Groei-, Werkskeppings- en Herverdelingsprogram (GEAR) - om Shalom te skep, word ook bespreek. Dit word geargumenteer dat, ten einde 'n situasie te bereik waar die makro-ekonomiese strategie van Suid Afrika die eksploiterende verhoudings binne die ekonomie aanspreek, 'n meer kritiese houding ten opsigte van die waardes en strukture van die vryemark ekonomie benodig word.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2000.
Keywords
Duchrow, Ulrich -- Schalom, Duchrow, Ulrich -- Alternativen zur kapitalistischen Weltwirtschaft, Liedke, Gerhard, Poverty, Nature -- Effect of human beings on, Capital, Capitalism -- Social aspects, Self (Philosophy), Creation -- Biblical teaching, Economics -- Religious aspects -- Christianity, Economics -- Philosophy, Macroeconomics, South Africa -- Economic policy, Dissertations -- Philosophy
Citation