Poststructural approach to the abortion dilemma

Van Bogaert, Louis-Jacques (2000-12)

Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2000.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Moral theories often view the problem of abortion as oppositional: either fiercely "pro-life" or adamantly "pro-choice". A closer view at their respective arguments suggests that extreme polar views are hardly tenable. The principle of the sanctity of life has its limits, and the liberal view on abortion leading to the logical conclusion that even infanticide is permissible is counterintuitive and at loggerheads with common morality. Softer views on both polar positions are more appealing and more acceptable. The soft "pro-life" stance has serious limitations for it appeals to the doctrine of double effect or to a secular but similar position, the doctrine of self-defence, which would allow abortion only in cases of rape or incest. The soft "pro-choice" position appeals to the concept of sentience: only the abortion of a presentient embryo/fetus is permissible. The difficulty, however, is that we know little about the sentience of the unborn and its occurrence during intra-uterine development. Both extreme and softer views are basically oppositional (either/or). The postmodern mind aims at deconstructing oppositions in order to highlight the ideologies underscoring the advocacy of either view. In a poststructural perspective that takes into account the complexity of life, it becomes possible to understand and to accept the view that a "pro-choice" stance is far from being "pro-death". This is the position which is argued for in the present essay.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die probleem van aborsie word dikwels deur morele teorieë beskou as een van oposisies: "pro-lewe" aan die een kant of "pro-keuse" aan die ander. Wanneer die onderskeie argumente van naderby beskou word, word dit duidelik dat hierdie uiters polêre sieninge skaars geregverdig is. Die beginsel van die heiligheid en onskendbaarheid van lewe het sy beperkinge, en die liberale standpunt oor aborsie, wat onvermydelik en op 'n logiese wyse lei na die konklusie dat selfs kindermoord geregverdig kan word, is kontra-intuitief en gaan die algemene moraliteit teen. Standpunte wat 'n minder radikale blik op beide die polêre posisies het is beide meer aantreklik en meer aanvaarbaar. Die sagte "pro-lewe" uitgangspunt het belangrike beperkinge, omdat dit sigself beroep op die doktrine van dubble-effek, of op 'n sekulêre, maar soortgelyke posisie, die doktrine van selfverdediging, wat aborsie sou wou toelaat in die geval van verkragting of bloedskande. Die sagte "pro-keuse" posisie beroep sigself op die konsep van waarnemingsvermoë: slegs die aborsie van die embrio/fetus wat nog nie oor waarnemingsvermoë beskik nie is toelaatbaar. Hierdie standpunt word egter bemoeilik deur die feit dat ons nie oor veel kennis beskik aangaande die waarnemingsvermoë van die ongebore, of van die voorkoms van waarnemingsvermoë gedurende intra-uterinêre ontwikkeling nie. Beide die uiterste en die sagter uitgangspunte is uiteinelik oposisioneel. Postmoderne denke stel hom ten doe Iom oposisies te dekonstrueer, ten einde lig te werp op die idoelogieë wat die aanhang van enige posisie onderskraag. In 'n poststukturele perspektief wat die kompleksiteit van lewe in ag neem, word dit moontlik om die siening dat 'n "prokeuse" uitgangspunt ver verwyderd is daarvan om "pro-die dood" te wees, te aanvaar. Dit is die posisie waarvoor daar in hierdie opstel geargumenteer word.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/51882
This item appears in the following collections: