Postmodernisme en poesie, met spesifieke verwysing na die historiografiese metagedig 'Die heengaanrefrein' van Wilma Stockenstrom

Foster, Ronel ; De Goede, Petronella Hermina ; Foster, Petronella Hermina (2000-12)

Dissertation (PhD)--Stellenbosch University, 2000.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The main aim of this study is to investigate the possibility of using a postmodern reading strategy for Afrikaans poetry, in particular that type of poetry which, following Linda Hutcheon, I will call historiographic metapoetry. The investigation consists of four phases. Firstly, in order to implement Hutcheon's model, cognisance will be taken of the theory of postmodernism (chapters 1- 3), particularly with regard to poetry, since the latter is apparently a marginalised genre in this theorisation. The second phase of the investigation encompasses a discussion of the discourse on postmodernism and poetry in America, the NetherlandsIFlanders and in Afrikaans (chapters 4-6, respectively). Attention is given to matters such as the developmental history of postmodernism, theorising on postmodern poetry and the practice of anthologising. The third phase bridges the gap between research on postmodernism and that on historiographic metapoetry (chapter 7). The focus will be on Pirow Bekker's poem "Apollo Smintheus", with specific attention being given to the representation of the event (the journey of Jonas de la Guerre into the hinterland in 1664) in the journal texts and other historiographic sources. Hutcheon's distinction between event and fact will also be adopted in the analysis. The last phase of this study is an application of Hutcheon's model to Wilma Stockenstrëm's poem, Die heengaanrefrein, a self-reflexive text on the arrival of the Huguenots in South Africa in 1688 (chapters 8-12). As an introduction to the discussion of the text, the problematising of various types of borders in the poem is examined. This is followed by an analysis of extracts from Die heengaanrefrein with reference to four matters that are, according to Hutcheon, central to postmodern theory and practice. These are: intertextuality, parody and the discourses of history; the problem of reference; the subject and the representation of subjectivity; and lastly ideological implications and political double-coding. The discussion of Die heengaanrefrein is supplemented with shorter discussions of other texts, for example, George H. Weideman's "Kieselguhr-kleim", two short poems from Breyten Breytenbach's Soos die so and P.J. Philander's poems "Die klippe praat" and "Genesis". In Chapter 13, the final chapter, the findings are summarised and Hutcheon's model is evaluated.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doelstelling met hierdie studie is 'n ondersoek na die moontlikheid om 'n postmodernistiese leesbenadering aan te wend by die lees van die Afrikaanse poësie, in die besonder daardie soort gedigte wat ek na aanleiding van Linda Hutcheon historiografiese metapoësie wil noem. Die ondersoek bestaan uit vier fases. Ten einde Hutcheon se model te implementeer, word daar eerstens bestek geneem van die teoretisering oor die postmodernisme (hoofstukke 1-3), veral wat die poësie betref, aangesien laasgenoemde 'n gemarginaliseerde genre in hierdie teoretisering blyk te wees. Die tweede fase van die ondersoek omvat 'n bespreking van die diskoers oor postmodernisme en poësie in onderskeidelik Amerika, NederlandIVlaandere en Afrikaans (hoofstukke 4-6). Sake wat aandag geniet, is die ontwikkelingsgeskiedenis van die postmodernisme, die teoretisering oor postmodernistiese poësie en die antologiseringspraktyk. Die derde fase is 'n oorbrugging tussen die navorsing oor die postmodernisme en dié oor historiografiese metapoësie (hoofstuk 7). Pirow Bekker se gedig "Apollo Smintheus" kom onder die soeklig, met spesifieke aandag aan die representasie van die gebeurtenis (die sogenaamde landsreis van Jonas de la Guerre in 1664 die binneland in) in die joernaaltekste en ander historiografiese bronne; Hutcheon se onderskeid tussen event en fact word ook betrek. Die laaste fase van die studie is 'n toepassing van Hutcheon se modelop Wilma Stockenstrom se gedig Die heengaanrefrein, 'n selfbesinnende teks oor die koms. van die Hugenote na Suid-Afrika in 1688 (hoofstukke 8-12). Ter inleiding van die teksbespreking word die problematisering van verskillende soorte grense in die gedig nagegaan. Dit word gevolg deur analises van fragmente uit Die heengaanrefrein na aanleiding van vier kwessies wat volgens Hutcheon sentraal staan in die postmodernistiese teorie en praktyk. Hierdie sake is: intertekstualiteit, parodie en die diskoerse van die geskiedenis; die problematiek van referensialiteit; die subjek en die representasie van subjektiwiteit; en ideologiese implikasies en politieke dubbelkodering. In die loop van die studie word die bespreking van Die heengaanrefrein aangevul met korter besprekings van ander tekste, soos byvoorbeeld George H. Weideman se "Kieselguhr-kleim", twee gedigte uit Breyten Breytenbach se Soos die so en P.J. Philander se gedigte "Die klippe praat" en "Genesis". Inhoofstuk 13, die sluitstuk, word die bevindinge saamgevat en Hutcheon se model beoordeel.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/51881
This item appears in the following collections: