Workplace violence targeting student nurses in the clinical areas
Date
2010-11
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Workplace violence in health care is a worldwide phenomenon. In nursing, the
nature of workplace violence is predominantly non-physical in nature. Literature
reveals the devastating consequences for the individual nurse, both physically and /
or emotionally, depending on the nature of the violence. The consequences for the
organisation / institution and the profession are equally devastating, manifesting in
reduced standards of patient care and increased attrition from the profession. The
pervasiveness of this problem indicates that to date, remedial and protective
measures have been unsuccessful.
However, most of the research done on workplace violence in nursing has been
conducted amongst qualified nurses. The purpose of this study was to investigate
the extent of workplace violence, targeting student nurses in clinical areas. The
setting was the Western Cape College of Nursing and the population was second,
third and fourth-year, pre-registration students. The research objectives addressed
various aspects, for example, type, prevalence, perpetrators, consequences and
management of workplace violence.
A quantitative research design, utilising a survey, was chosen for the study. A
probability sample of n = 255 students was selected, using stratified, random
sampling as the sampling method. The variables selected for stratification were
gender and year of study. A self reported, anonymous questionnaire, guided by the
literature review and by the research objectives, was utilised for data generation.
Summary statistics were used to describe the variables, whilst distributions of
variables were presented in the form of histograms and frequency tables. Where
appropriate, the relationships between demographic and research variables were
described, using suitable statistical analyses.
The findings revealed that the perpetration of non-physical violence against student
nurses is widespread, particularly that perpetrated by co-workers, more specifically
registered, staff- and assistant nurses. The under reporting of workplace violence
was a common finding.
Student nurses suffer grave emotional consequences as a result of workplace
violence. Almost half of the respondents admitted that they had considered leaving nursing due to workplace violence and that it had negatively affected their standard
of patient care. The overall conclusion was that, in accordance with a worldwide
trend amongst all categories of nurses, student nurses are targets of workplace
violence in the clinical areas.
These findings have particular implications for the management of nursing education
institutions. The fact that student nurses are targeted to the extent revealed in this
study indicates that existing preventive measures in the clinical areas have not been
effective. The recommendations arising from this study therefore focus on equipping
the vulnerable trainee with the tools to withstand workplace violence. As such, the
recommendations are directed at the management of the nursing education
institution, to create awareness around the problem, to empower students to confront
and cope with workplace violence and to support students traumatised by workplace
violence.
Finally, this study suggests avenues for further research, for example, research in
the same setting after implementation of the recommendations, or further research
into the dynamics of workplace violence, targeting student nurses from the
perspective of qualified nursing staff or patients.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Geweld in die gesondheidsdienste werksplek is ‘n wêreldwye verskynsel. In verpleging is geweld in die werksplek oorwegend nie-fisies van aard. Die literatuur wys op die ingrypende fisiese en / of emosionele gevolge vir die individuele verpleegkundige, afhangend van die aard van die geweld. Die gevolge vir die organisasie of instelling, asook vir die verpleegberoep, is eweneens ingrypend en manifesteer in verlaagde standaarde in pasiëntsorg en ‘n toename in verpleegkundiges wat die beroep verlaat. Die algemene verskynsel van die problem dui aan dat regstellende en beskermende maatreëls tot dusver onsuksesvol was. Die meeste navorsing oor geweld in verpleging is egter tot dusver onder gekwalifiseerde verpleegkundiges gedoen. Die doel van hierdie studie was om die omvang van werksplek-geweld, met studenteverpleegkundiges as teikengroep, in die kliniese areas na te vors. Die studie is by die Wes-Kaap Kollege van Verpleging uitgevoer en die populasie was al die tweede, derde en vierde-jaar, voor-registrasie studente. Die geformuleerde navorsingsdoelwitte vir die studie het verskeie aspekte aangespreek, soos byvoorbeeld, tipe, frekwensie, die uitvoerders van geweld, gevolge en die hantering van werksplek-geweld. ‘n Kwantitatiewe navorsingsontwerp, met gebruikmaking van ’n opname, is vir die studie geselekteer. ‘n Waarskynlikheidsteekproef van n = 255 studente is deur middel van gestratifiseerde, ewekansige steekproefneming geselekteer. Geslag en jaar van studie was as die veranderlikes vir stratifikasie gekies. Die instrument vir data-insameling was ‘n self-voltooide vraelys, gebaseer op die literatuurstudie en gerig deur die navorsingsdoelwitte. Opsommende statistieke is aangewend om die veranderlikes te beskryf, terwyl die verspreidings van veranderlikes in die vorm van histogramme of frekwensie-tabelle aangebied is. Waar toepaslik, is die verhoudings tussen demografiese en navorsingsveranderlikes met behulp van toepaslike statistiese analises beskryf. Die bevindinge het onthul dat die pleeg van nie-fisiese geweld teenoor studenteverpleegkundiges algemeen voorkom, veral daardie deur mede-personeel, meer spesifiek geregistreerde, staf– en assistent verpleegundiges. Die onderrapportering van werksplek-geweld was ‘n algemene bevinding. Studenteverpleegkundiges ly aan erge emosionele gevolge, as gevolg van werksplek-geweld. Byna die helfte van die respondente het erken dat hulle oorweeg het om die beroep te verlaat en dat sodanige geweld hul standaard van pasiëntsorg negatief beinvloed het. Die oorkoepelende gevolgtrekking was dat studenteverpleegkundiges, in ooreenstemming met ‘n wêreldwye neiging onder alle kategorieë van verpleegkundiges, die teiken van werksplek-geweld in die kliniese areas is. Hierdie bevindinge hou spesifieke implikasies vir die bestuur van verpleegonderriginrigtings in. Die feit dat studenteverpleegkundiges tot die mate, soos in die studie onthul, geteiken word, het aangetoon dat bestaande voorkomende maatreëls in die kliniese areas oneffektief is. Die voorstelle vanuit hierdie studie is dus daarop gerig om die ontvanklike nuweling toe te rus om werksplek-geweld teë te staan. As sulks is die voorstelle gemik op die bestuur van die verpleegonderrig-inrigting, om bewustheid rondom die probleem te skep, om studente te bemagtig om geweld te konfronteer en te hanteer, en om studente, wat as gevolg van werksplek-geweld getraumatiseer is, te ondersteun. Laastens word moontlikhede vir verdere navorsing voorgestel, soos byvoorbeeld, navorsing in dieselfde omgewing na die implementering van die voorstelle, of verdere navorsing in die dinamika van werksplek-geweld teenoor studenteverpleegkundiges, vanuit die perspektief van gekwalifiseerde verpleegpersoneel of pasiënte.

Description
Thesis (MCur (Interdisciplinary Health Sciences. Nursing Science))--University of Stellenbosch, 2010.
Keywords
Workplace violence, Violence in hospitals, Nurse and patient, Dissertations -- Nursing, Theses -- Nursing