Koste besparende produksiepraktyke vir kleingraanproduksiestelsels in die Suid-Kaap
Date
2000
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The protection that agriculture in South Africa enjoyed under the Marketing Act was
terminated in 1996 when the controlled marketing of agricultural products was
abolished. The grain industry and individual winter-grain producers in the Western
Cape is now compelled to be competitive internationally. The ability of local
producers to compete effectively can be improved by increased yields, a reduction
in production costs, higher import levies, import control and the weakening in the
exchange rate of the rand.
This investigation focuses on strategies aimed at reducing production costs as a
means of improving competitiveness. The field of this study is the winter-grain
producing sub-regions of the Southern Cape which are severly affected by the
deteriorating situation.
In the course of this investigation typical farming units were identified that can be
regarded as representative of farming activities in the specific sub-regions of the
Southern Cape. Existing literature as well as the opinions of authorities (group of
experts) on the subject were used as sources of information in the study of
cost-saving methods of production. The emphasis was therefore on the
identification and evaluation of appropriate alternative production practices. The
practice of minimum tillage with accomanying reduced input costs proved to have
merit. The current situation was evaluated with the assistance of a group of experts
and possible alternative practices were discussed. A financial cost-benefit analysis
was used to compare the current production practices with practices proposed in
this study in order to ascertain its feasibility.
Directives are offered to producers in order to reduce the production costs and
thereby become more cost-effective. Based on the results of the case studies in the
different sub-regions the conclusion was reached that the suggested alternative
practices can result in a reduction in production costs and thereby make a marked contribution towards the ability of winter-grain farmers in the Southern Cape to
improve their competitive position.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Met die deregulering van die Suid-Afrikaanse landbou in 1996, is aile beskerming vanaf beheerrade aan produsente geskrap. Die graanbedryf in die Wes-Kaap is nou onder groot druk om meer mededingend te wees teenoor internasionale produsente en elke individuele produsent moet dus poog om so mededingend as moontlik te wees. Die mededingende posisie van plaaslike produsente kan verbeter word deur, onder andere, 'n verhoging in die eenheidsopbrengs, 'n verswakkende wisselkoerswaarde van die Rand, invoertariewe en -kwotas en deur die verlaging van insetkoste. Hierdie ondersoek fokus op strategiee gemik op die verlaging van insetkostes ten einde mededingendheid te verbeter. Die kleingraanproduserende sub-streke van die Suid-Kaap, wat ook deur hierdie verswakkende mededingendheid-situasie geraak word, dien as ondersoekgebied vir hierdie studie. In die ondersoek is daar gefokus op die identifisering van tipiese boerdery-eenhede wat as verteenwoordigend beskou kan word van die boerderybedrywighede in die ge'identifiseerde sub-streke van die Suid-Kaap. Bestaande literatuur en menings van bedryfskenners is gebruik as inligtingsbronne vir die ondersoek na koste-besparende produksiemetodes. Die klem val dus op die identifikasie en evaluasie van toepaslike alternatiewe produksiepraktyke. Die praktyk van verminderde bewerking met die gepaardgaande verlaagde bewerkings- en ander insetkoste het veral op die voorgrond getree. Die gedetailleerde ontleding van die produksiepraktyke en gepaardgaande winsgewendheid van die huidige situasiesketse van die verskillende gevallestudies dien as vertrekpunt vir die ontledings. Deur gebruik te maak van 'n groep bedryfskenners (ekspertgroep) word die huidige situasie beoordeel en moontlike alternatiewe praktyke wat gevolg kan word, word bespreek en beoordeel. Die huidige produksiepraktyke word vergelyk met die voorgestelde verbeterde produksiepraktyke met behulp van 'n tinansiele voordeel-koste ontleding ten einde die haalbaarheid daarvan te evalueer. Daar word in hierdie ondersoek dus riglyne aan produsente verskaf waarvolgens te werk gegaan kan word ten einde hul mededingende posisie deur middel van koste-besparende produksiemetodes te verbeter. Vanuit die evaluering van die gekose gevallestudies in die verskillende sub-streke is dit duidelik dat die alternatiewe praktyke, soos voorgestel deur die bedryfskenners, kan lei tot 'n verlaging van insetkoste en dus tot 'n verhoging in die mededingendheid van die Suid-Kaapse kleingraanprodusent.

Description
Thesis (M.Sc.Agric.)--StellenboschUniversity, 2000.
Keywords
Grain trade -- Economic aspects -- South Africa -- Western Cape, Southern, Grain trade -- South Africa -- Western Cape, Southern -- Costs, Cost reducing farming practices, Dissertations -- Agricultural economics, Theses -- Agricultural economics