Hendrik Hofmeyr : lewe en werk, 1957-1999

Date
2000-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The topic of this thesis is the life and music of Hendrik Hofmeyr, from his birth in 1957 until July 1999. The discussion on his life focusses on the events that influenced the establishment of his works and also those that had an effect on the style in which Hofmeyr composes. Although he experienced a steady development and growth as a composer, Hofmeyr's ten year stay in Italy and the event of the 1997 Queen Elisabeth of Belgium Composition Competition can be mentioned as major influences on his life and thus on his work. Hofmeyr's ideas on music are discussed in Chapter 2. To understand the intention of his music, it is important to know something of Hofmeyr's approach to music. The chapter concludes that Hofmeyr can be described as a 'romantic' composer which provides the reason why he has always been outspoken against the avant-garde which characterises much of the artmusic of the zo" century. The style analysis of the following chapter looks at three important parameters of any composer's style: harmony, melody and form. It further also discusses Hofmeyr's use of counterpoint and the specific playing techniques he requires of instruments. These two aspects stand out as particular to the composer's style. Due to the scope of the thesis, these aspects are dealt with in a limited way. A more detailed discussion of two compositions follow, the song cycle Alleenstryd and the String Quartet. Besides an analysis of both works, attention is also given to how the composer's ideas on music are manifested in these works. The thesis concludes with a detailed list of works including all works composed up to July 1999. 50 compositions are listed. To allow for maximum exposure of each work, the duration as well as a description of each work are added to the otherwise standard information.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis behandel Hendrik Hofmeyr se lewe en werk as komponis vanaf sy geboorte (1957) tot en met Julie 1999. Die beskrywing van sy lewe is daarop gerig om aan te dui hoe die gebeure in sy lewe die totstandkoming van sy komposisies en die styl van sy musiek beïnvloed het. Hoewel daar 'n geleidelike ontwikkeling in sy groei as komponis bestaan, kan sy tienjarige verblyf in Italië en die Koningin Elisabeth van België Komposisiekompetisie in 1997 as belangrike invloede uitgelig word. In hoofstuk 2 word Hofmeyr se idees oor musiek bespreek. Om die intensie en gedaante van Hofmeyr se musiek te verstaan, is dit belangrik om hierdie uitgangspunte van die komponis te begryp. In die hoofstuk word die gevolgtrekking gemaak dat Hofmeyr in wese 'n 'romantikus' is en dat hy daarom reeds sedert sy studentejare sterk uitgesproke is teen die avant-garde wat 20ste eeuse kunsmusiek kenmerk. Die stylanalise wat daarna gemaak word, behandel drie belangrike parameters van enige komponis se styl: harmonie, melodie en vorm. Verder sluit dit ook Hofmeyr se gebruik van kontrapunt in en die spesifieke speeltegnieke wat hy van instrumente verlang. Hierdie twee aspekte staan uit as besondere eienskappe van die komponis se musiek. Vanweë die omvang van die tesis, is die bespreking van hierdie aspekte redelik beperk. In Meer gedetaileerde bespreking van twee werke volg, naamlik die sangsiklus Alleenstryd en die Strykkwartet. Buiten 'n analise word ook na ander aspekte van hierdie werke gekyk, soos byvoorbeeld die wyse waarop die komponis se uitgangspunte oor musiek in hierdie werke tot uiting kom. Die tesis sluit af met 'n volledige werklys wat alle werke tot en met Julie 1999 insluit. Daar is altesaam 50 werke. Om soveel as moontlik inligting te verskaf, word buiten die standaard-inligting, ook die tydsduur en 'n beskrywende paragraaf oor elke komposisie ingesluit.
Description
Thesis (MMus) -- University of Stellenbosch, 2000.
Keywords
Hofmeyr, Hendrik, Music -- South Africa -- 20th century -- History and criticism, Composers -- South Africa -- Biography
Citation