Die bepaling van standaarde vir 'n omvattende opvolgdiens aan onkologiepasiente op die Wes-Kaapse platteland

Bimray, Portia Benita (2000-12)

Thesis (MCur)--Stellenbosch University, 2000.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Against the background of the approach to make the follow up care to oncology patients more accessible and with the emphasis on quality care, it was indicated that this service needs to be evaluated. A study based on a combination of qualitative and quantitative methods (also called triangulation) was conducted to formulate structure, process and outcome standards for a comprehensive follow up care for the oncology patients and to evaluate this service according these standards. The most important results are: • The quality of care relating to the structure standards was optimal regarding the organization of the patient's visits, follow up treatment and referrals. A suboptimal standard was found regarding the general management system. • In the process standards focusing on the physical and psychosocial needs of the patient, a suboptimal standard was found regarding all aspects. Nursing practice leading to subobtimal care of patients is a major cause for concern. • With the outcome standards reflecting in patient satisfaction, positive as well as negative opinions and perceptions were found. Recommendations include: • Upgrading of management systems • Empowerment of the nurses with knowledge and scientific competencies • Attention to the opinions and perceptions of the patients to completely involve the patient in the service and treatment process. Keywords: Oncology follow up service I formulation of structure, process and outcome standards.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Teen die agtergrond van die benadering om opvolgdienste meer toegangklik te maak vir onkologiese pasiënte, met die beklemtoning van gehaltesorg, is dit aangedui dat hierdie diens geëvalueer moes word. 'n Studie gebaseer op 'n kombinasie van kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes (genoem triangulasie) is uitgevoer om struktuur, proses en uitkomsstandaarde vir 'n omvattende opvolgdiens aan onkologiepasiënte te formuleer en die diens aan die hand daarvan te evalueer. Die belangrikste resultate is: • Die gehalte van sorg wat verband hou met die struktuurstandaarde was net optimaal ten opsigte van die organisasie van die pasiënt se besoeke, opvolgbehandeling en verwysings. 'n Suboptimale standaard is gevind ten opsigte van die algemene bestuurstelsel. • In die prosesstandaarde wat fokus op die fisiese en psigososiale behoeftes van die pasiënt, is 'n suboptimale standaard in alle aspekte gevind. Verpleegpraktyk wat lei tot suboptimale sorg van pasiënte is 'n groot bron van kommer. • Met die uitkomsstandaarde wat reflekteer in pasiënttevredenheid is positiewe maar ook negatiewe opinies en persepsies gevind. Aanbevelings sluit in: • Verbetering van bestuurstelsels • Bemagtiging van die verpleegkundige met kennis en wetenskaplike vaardighede • Aandag aan pasiënte se opinies en persepsies ten einde die pasiënt ten volle te betrek by die hele diens en behandelingsproses. Sleutelwoorde : Onkologiese opvolgdiens / formulering van struktuurproses en uitkomsstandaarde.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/51693
This item appears in the following collections: