Exploring learners' experiences of violence in a township high school

Date
2010-12
Authors
Ngqela, Nozuko
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: School violence is a reality in South African township schools contaminating the school environment and jeopardizing the educational process. The aim of this study is to explore adolescent learners' experience of school violence in township high schools in order to develop and recommend a school prevention intervention programme/strategy. The study is explained in the theoretical framework of the bio-ecosystemic theory where violence is discussed as a reaction and as an action that occurs through reciprocal interaction between systems and the social environment. Through this interaction, adolescent learners are exposed to individual, family, school and community risk factors which place them at risk. Literature shows that schools in the township are sites of widespread violence; and these impacts on learners‟ emotional well-being. School violence also reflects the relationship that exists between what occurs in schools and what happens in learners' homes and communities. The specific design selected for this study is a case study and is qualitative and explorative in nature. Unstructured interviews were conducted with individual learners and focus groups to gather information regarding adolescents' experiences of school violence. The data was analysed with three main themes emerging during the participants' interviews. The findings revealed that a significant number of adolescent learners in the township school have experienced some form of gender-related violence at school, and that boys are more often the perpetrators of this school violence. The findings further showed that lack of safety and class management is another cause of violence and the violent activities within the school are a symptom of the social ills of the community within which the school is situated. Conclusions drawn from the study are that school violence is a multifaceted phenomenon and, based on these findings, it is recommended that a 'whole school' and an integrated approach be taken when dealing with violence in schools.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Toenemende geweld in skole in Suid-Afrikaanse townships bederf die skoolomgewing en belemmer die opvoedkundige proses. Die doel van hierdie studie is om leerders se ervarings van geweld in hoërskole in townships te verken, ten einde 'n voorkomingsprogram/-strategie vir skole te ontwikkel en aan te beveel. Die studie gebruik die teoretiese raamwerk van die bio-ekosistemiese teorie waarbinne geweld bespreek word as 'n aksie en 'n reaksie wat plaasvind deur wedersydse interaksie tussen die sisteme en die sosiale omgewing. Hierdie interaksie kan adolessente leerders aan individuele, gesinsverwante, skool- en gemeenskapsrisikofaktore blootstel. Die studie wys dat skole in townships die ligging is van wydverspreide geweld wat 'n uitwerking het op leerders se akademiese prestasie. Dit wys ook dat geweld in skole 'n weerspieëling is van die verhouding wat bestaan tussen gebeure in die skool en gebeure in die leerders se huise en gemeenskappe. Die navorsingsontwerp vir hierdie studie is dié van 'n gevallestudie. Dit is kwalitatief en verkennend van aard. Ongestruktureerde onderhoude is met leerders en fokusgroepe gevoer om inligting rakende hulle ervarings van geweld in skole in te win. Die data is ontleed na aanleiding van drie temas wat tydens die onderhoude na vore gekom het. Die bevindinge het gewys dat 'n noemenswaardige aantal adolessente leerders in townshipskole een of ander vorm van geweld ervaar het, en dat seuns gewoonlik die aanrigters van die geweld is. Die studie het voorts gevind dat akademiese prestasie ernstig beïnvloed word deur geweld wat binne en buite die skoolgronde plaasvind, en ook dat geweld binne die skole 'n simptoom is van die sosiale euwels van die gemeenskap waarbinne die skole geleë is. Die studie se gevolgtrekking is dat geweld in skole 'n veelvlakkige fenomeen is. Die aanbeveling wat op hierdie gevolgtrekking berus is dat 'n "heel skool" geïntegreerde benadering gevolg moet word wanneer daar met geweld in skole gewerk word.
Description
Thesis (MEdPsych))--University of Stellenbosch, 2010.
Bibliography
Keywords
Theses -- Education, Dissertations -- Education
Citation