Die ondersoekproses op skoolvlak : 'n model vir die ontwikkeling van inligtingsvaardighede

Date
1999-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: The motivation behind this study is the changed approach to knowledge and information in the information era. The availability of information and the increasing use of information technology makes the mere reproduction and repetition of information and knowledge at school level irrelevant. An investigative approach with the accent on the development of information skills and life long learning has become a necessity in education. More skills can be developed with the use of an independent research process than with the repetition and reproduction of knowledge to pass examinations. The personal involvement and development of the pupils through independent learning activities should also be reflected in assessment. This study focuses on the development of information skills and the inquiry process at school level. In this study the possibility of developing a model for the inquiry process through which information skills can be developed at school level, is investigated. The research methodology includes a study of relevant literature, content analysis of educational documents and electronic discussion groups, interviews with teachers and learners, as well as observation during independent learning activities. Educational documents studied with regard to the development of information skills include curricula, examination papers, text books, as well as the critical and specific outcomes of Curriculum 2005 . The literature study highlighted the influence of the information era on education. The findings of this study show that the development of information skills should be addressed by the curriculum. Skills to handle large amounts of information should be developed in every subject and learning area, but these information and reasoning skills should be part of the research process. The analysis of the contents of the curriculum and examination papers in the interim curriculum show that information and thinking skills are already present. Information skills are seen as part ofthe research and problem solving process in Curriculum 2005, and are broadly described in the specific outcomes of the different learning areas. In this regard, the connection between assignments and the research process was analysed, and it was found that teachers and learners sometimes had wrong perceptions. The gaps and problems regarding independent research activities are shown and should be addressed. Thorough cooperative planning for assignments should be done according to a suitable model for the inquiry process, and this should have a positive influence on the problems identified. Different models for the inquiry process are already in use, and these were investigated in order to develop a theoretical model. Such a model should enable educators and learners to plan and complete interesting learning activities and assignments within subjects and learning areas. The model should also specify information skills as part of the steps in the process. Aspects of assessment as part of a process portfolio, should be included in the model. The end result of this research is a theoretical model for the inquiry process at school level designed with the purpose of facilitating the development of information skills in the context of subjects with the aid of a process portfolio.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die motivering vir hierdie studie spruit voort uit die veranderde benadering tot inligting en kennis in die inligtingsera. Die beskikbaarheid van inligting en die toename in die gebruik van inligtingstegnologie het die blote oordrag en reproduksie van inligting en kennis ter wille van slaagvereistes op skoolvlak, irrelevant gemaak. 'n Ondersoekende benadering, waar die klem op die ontwikkeling van inligtingsvaardighede en lewenslange selfstandige leer val, het in die onderwys noodsaaklik geword. Deur die gebruik van 'n selfstandige ondersoekproses, word meer vaardighede ontwikkel as deur die oordra en reproduksie van kennis om in eksamens te slaag. Assessering behoort ook die persoonlike ontwikkeling van die leerders deur hul betrokkenheid by selfstandige leeraktiwiteite te weerspieel. Hierdie stu die fokus dus op die ontwikkeling van inligtingsvaardighede en die toepassing van die ondersoekproses op skoolvlak. Die probleem wat in hierdie studie ondersoek word, is die moontlikheid om 'n model vir die ondersoekproses op skoolvlak saam te stel waardeur inligtingsvaardighede ontwikkel kan word. Die metode waarvolgens die navorsing gedoen is, sluit in: 'n literatuurondersoek, 'n inhoudsanalise van onderwysdokumente en elektroniese besprekingsgroepe, onderhoude met opvoeders en leerders, asook waarnememing tydens selfstandige leeraktiwiteite. Onderwysdokumente wat met die oog op die ontwikkeling van inligtingsvaardighede ondersoek is, sluit leerplanne, eksamenvraestelle, handboeke, asook die kritieke en spesifieke uitkomste van Kurrikulum 2005 in. Die literatuurondersoek het die invloed wat die inligtingsera op die onderwys het, na vore gebring. Die bevindings in hierdie studie to on aan dat die ontwikkeling van inligtingsvaardighede in die kurrikulum aangespreek behoort te word. Vaardighede om groot hoeveelhede inligting te hanteer behoort in elke vak en leerarea ontwikkel te word, maar hierdie inligtings- en denkvaardighede behoort deel te vorm van 'n ondersoekproses. Die inhoudsanalise van leerplanne en eksamenvraestelle in die tussentydse kurrikulum het aangetoon dat inligtings- en denkvaardighede reeds daarin voorkom. In Kurrikulum 2005 word inligtingsvaardighede as deel van die ondersoek- en probleemoplossingsproses gesien en in die spesifieke uitkomste van verskillende leerareas breedvoerig omskryf. Met die oog hierop is die verb and tussen werkopdragte en die ondersoekproses o~tleed en daar is bevind dat die opvoeders en leerders soms foutiewe persepsies huldig. Die leemtes en probleme rondom selfstandige werkopdragte is aangetoon en behoort aangespreek te word. Deeglike gesamentlike beplanning van werkopdragte aan die hand van 'n geskikte model vir die ondersoekproses behoort 'n positiewe uitwerking op hierdie probleme te he. Verskeie modelle vir die ondersoekproses bestaan reeds en is met die oog op die ontwikkeling van 'n eie teoretiese model ondersoek. So 'n model behoort die opvoeders en leerders te help om interessante leeraktiwiteite en werkopdragte binne vak- en leerareaverband te beplan en uit te voer. Die model behoort ook inligtingsvaardighede as deel van die stappe in die proses aan te dui en aspekte vir assessering, as deel van 'n prosesportefeulje, toe te lig. In antwoord op die navorsingsvraag is daar as resultaat van hierdie stu die 'n eie model vir die ondersoekproses op skoolvlak ontwerp wat die ontwikkeling van inligtingsvaardighede binnevak- en leerareaverband met behulp van 'n prosesportefeulje moontlik maak.
Description
Thesis (M.Ed.) -- University of Stellenbosch, 1999.
Keywords
Information science -- Study and teaching, Curriculum planning, Life skills -- Study and teaching, Dissertations -- Education
Citation