An interplay between God-images and the Korean traditional religions in a hermeneutics of pastoral care and counselling

Kim, Sung-Hwan (2005-12)

Thesis (DTh)--Stellenbosch University, 2005

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this research was to determine what the influence of the God-image of parishioners within the Korean Presbyterian Church is on their faith and ability to come to terms meaningfully with the crisis of suffering. With the view to making a pastoral diagnosis and the process of assessment, a pastoral hermeneutics was applied. The basic hypothesis implemented is that inappropriate God-images, exacerbated by the religious-cultural context of the Presbyterian Church in Korea, play an important role in the parishioners' inability to come to terms meaningfully with crises and suffering. In this respect, it was found that Shamanism, Confucianism, Taoism and Buddhism, amongst others, profile the dominant religious paradigm that functions among members. This cultural context gives rise to a concept of God that applies the theological presupposition of an almighty, fearful supreme being who controls and is in command of everything - even death. In this regard, the concepts of punishment and judgment play a decisive role. Within theodicy, God is viewed as the ultimate cause of evil. Thus, a merciless God (Ch 'unbeol) is the inevitable cause of suffering. The research found that, in Korea, theodicy relates to the monotheistic concept of a "supreme god" (HanunumIHananim), as well as the punitive component in the category of omnipotence (Ch 'unbeoIIChunneung). Because of a causal paradigm (scheme of cause and effect), manipulation is a strong factor in the Koreans' concept of faith and coping with suffering. This gives rise to a form of "pathology of faith": the manipulation of God with the view to material and health benefits. This hampers maturity in faith. In order to understand the theological concepts of judgment and power, we present the exegesis of relevant biblical texts with the view to the development of a theology of compassion. In this respect, we discuss the theological theories of four theologians, that is the existential concept of a theology of the cross (Luther); the ontological-trinitarian concept of a theology of the cross (Moltmann); the dialectic-emotional pain theology of Kitamori; and Louw's pastoralhermeneutic understanding of the cross within the framework of his promissio-therapy. This study suggests a paradigm shift away from a punitive judgmental paradigm to a sensitive compassionate paradigm. This implies a radical transformation from a hierarchical concept of power to power as a category of sympathy and identification that demonstrates God's compassion in suffering.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die navorsing was om vas te stel wat die invloed van lidmate binne die Koreaanse Presbiteriaanse Kerk se Godsvoorstelling is op hul geloof en vermoe om die krisis van Iyding sinvol te verwerk. Met die oog op die maak van 'n pastorale diagnose en die asseseringsproses, is van 'n pastorale hermeneutiek gebruik gemaak. Die basiese hipotese waarmee gewerk is, is dat ontoepaslike Godsvoorstellings, versterk deur die religieus - kulturele konteks van die Presbiteriaanse Kerk in Korea, 'n belangrike rol speel in die onverrnoe van lidmate om krisisse en lyding sinvol te verwerk. In die verband is gevind dat die dominante, religieuse paradigma wat by lidmate funksioneer, gevoed word deur, onder andere, Shamanisme, Konfusianisme, Taoisme en Boeddhisme. Hierdie kulturele konteks gee aanleiding tot 'n Godsverstaan wat werk met die teologiese vooronderstelling van 'n almagtige, vrees-inboesemende opperwese wat alles beheer en kontroleer - selfs die dood. In die verband speel die konsepte van straf en oordeel 'n deurslaggewende rol. Binne teodisee word God gesien as die uiteindelike oorsaak van die kwaad. Lyding is dan 'n noodwendige, kousale gevolg van 'n genadelose God (Ch 'unbeol). Die navorsing bevind dat teodisee in Korea verbind moet word met die monoteistiese verstaan van 'n "oppergod" iHanunum/Hananim), asook die strafkomponent in die almagskategorie (Ch'unbeol/Chunneungi. Vanwee 'n kousale paradigma (oorsaak-gevolg skema) is 'n manipulasie 'n sterk faktor in Koreane se geloofsverstaan en verwerking van lyding. Dit gee aanleiding tot 'n vorm van "geloofspatologie": die manipulering van God met die oog op materiele en gesondheidsvoordele. Die ontwikkeling van geloofsvolwassenheid word hierdeur gerem. Ten einde die teologiese konsepte van oordeel en mag te verstaan, word relevante Bybeltekste eksegeties aan die orde gestel met die oog op die ontwikkeling van 'n teologie van medelye. In die verband word vier teoloe se teologiese teoriee krities bespreek, te wete die eksistensiele verstaan van 'n kruisteologie (Luther); die ontologies -trinitariese verstaan van 'n kruisteologie (Moltmann); die dialekties -emosionele pynteologie van Kitamori; en Louw se pastoraalhermeneutiese verstaan van die kruis binne die raamwerk van sy promissioterapie. Die studie stel voor 'n paradigmaskuif weg van 'n verdoemende oordeelsparadigma na 'n sensitiewe paradigma van medelye. Die implikasie is 'n radikale transformasie vanaf 'n hierargiese verstaan van mag na mag as 'n simpatieke, identifikasie-kategorie wat God se medelye in lyding demonstreer.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/50266
This item appears in the following collections: