Vergelyking tussen die kodlingmot (Cydia pomonella) se fenologiese ontwikkeling in 'n chemies behandelde-, onbehandelde- en organiese boord in die Wes-Kaap

Henrico, Daleen (Elsie Magdaleen) (2004-03)

Thesis (MScAgric)--University of Stellenbosch, 2004.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Codling moth, Cydia pomonella (L.), infested fluit were collected in a sprayed, unsprayed and an organic orchard. The time of emergence was monitored to see if there was selection for a delayed emergence caused by different treatments. Moths from fruit collected in the sprayed and unsprayed orchards in Desember 2001, had a peak emergence during January 2002 and a smaller peak during February 2002. Moths from fruit collected during February 2002 from an organic orchard, had a peak emergence during February 2002 and an extended emergence from diapause until January 2003. Moths from fluit collected during March 2002 had a peak emergence during November 2002 with an extended emergence in the sprayed orchards until January 2003. Delayed emergence from diapause was observed. Not all the moths from diapause emerged during the first flight, but overlapped with the second flight in December and January.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Kodlingmot, Cydia pomonella (L.), geïnfesteerde vrugte is in 'n onbespuite, chemies behandelde en 'n organiese boord versamel. Die tyd van motuitkoms is gemonitor om te bepaal of verskillende behandelings dalk seleksie in die motpopulasie kan veroorsaak ten op sigte van 'n vertraagde motuitkoms. Motte uit vrugte wat in die gespuite boorde in Desember 2001 versamel is, het 'n piek uitkoms in Januarie en 'n kleiner een in Februarie 2002 gehad. Motte uit die ongespuite boord se vrugte, het ook 'n piek uitkoms in Januarie 2002 getoon. Motte uit vrugte wat in Februarie 2002 in 'n organiese boord versamel is, het 'n piek uitkoms in Februarie 2002 gehad, met 'n verlengde uitkoms vanuit diapause vanaf Oktober 2002 tot Januarie 2003. Motte uit vrugte wat in Maart 2002 versamel is, het 'n piek uitkoms in November 2002 gehad. Daar was ook 'n verlengde motuitkoms vanaf diapause by die chemies behandelde boorde tot Januarie 2003. 'n Vertraagde motuitkoms vanaf diapause is waargeneem. Die motte vanuit diapause maak nie almal deel uit van die eerste vlug nie, maar oorvleuelook met motte van die tweede vlug wat gedurende Desember en Januarie in die veld voorkom.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/50223
This item appears in the following collections: