Riglyne vir 'n supervisieprogram vir maatskaplike werkers in diens van die Provinsiale Administrasie Wes-Kaap, Departement Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting

Date
2004-03
Authors
Immink, Hannelie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This research investigates guidelines for a supervision programme for social workers in the service of the Provincial Administration Western Cape, Department of Social Services and Poverty Alleviation. In practice social work supervision is done at the organizations to develop young social workers' knowledge, skills and attitudes. This will enable them to develop professionally and to work independently. At the Department of Social Services and Poverty Alleviation supervision is also done with newly appointed social workers to empower them to work independently. Supervision in social work is 'n specialized method that enquires specific knowledge and skills. Effective and structured supervision's aim is to better the service rendering to the client. The Department of Social Services' vision and mission is also aimed at the best service rendering to their clients. The Department of Social Services and Poverty Alleviation has the problem that there is no guidelines to structure the supervision process. There for this research is aimed at the necessacity of guidelines for the practicing of social work supervision to get the results of better service rendering to the clients. To give the guidelines, there was a focus in this research report that includes 'n thorough literature study that describes the Department of Social Services and Poverty Alleviation's structure and the way supervision has been done up till this moment. The nature of supervision is also looked at in a theoretical way to broaden the knowledge of how supervision is supposed to be done. The empirical research involved the use of both qualitative an quantitative methods to explore the theoretical part of the research. An explo The fmdings of this study can be used as guidelines in the development of a supervision programme for social workers in the service of the Department of Social Services and Poverty Alleviation.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsing ondersoek riglyne vir 'n supervisieprogram vir maatskaplike werkers in diens van die Provinsiale Administrasie Wes-Kaap, Department Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting. Maatskaplikewerk-supervisie word in die praktyk by organisasies beoefen ten einde jong maatskaplike werkers se kennis, vaardighede en houdings te ontwikkel om die maatskaplike werkers instaat te stel om professioneel te ontwikkel en onafhanklik te werk. By die Departement Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting word nuwe maatskaplike werkers ook onderwerp aan supervisie ten einde hulle te bemagtig om onafhanklik hul werk te verrig. Maatskaplikewerk-supervisie is 'n gespesialiseerde metode wat spesifieke kennis en vaardighede vereis. Effektiewe, gestruktureerde supervisie het ten doel beter dienslewering aan die kliëntsisteem. Die Departement Maatskaplike Dienste se visie, missie en beginsels is daarop gerig om die kliëntsisteem van die beste dienste te voorsien. Die Departement Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting se dilemma lê juis hierin dat daar nie 'n handleiding met riglyne bestaan ten einde gestruktureerde supervisie te doen nie. Hierdie navorsing is gerig op die noodsaaklikheid van riglyne vir die beoefening van maatskaplikewerk-supervisie ten einde kliëntediens te verbeter. Ten einde riglyne daar te stel, fokus die literatuurstudie op 'n bespreking van die struktuur van die Departement Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting en die wyse waarop maatskaplikewerk-supervisie binne hierdie struktuur verrig word. Die aard van supervisie word ook teoreties bespreek ten einde teoretiese kennis uit te brei oor hoe supervisie behoort gedoen te word. Die teoretiese deel van die verslag word uitgebrei in die empiriese ondersoek, deur ontleding en bespreking van die resultate van die ondersoek. 'n Verkennende studie is benut en beide kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes is gebruik om die inligting van respondente te bekom. Die bevindinge en resultate van die ondersoek is geanaliseer en vergelyk met die literatuur en sekere aanbevelings is gemaak. Die bevindinge van hiedie studie kan as riglyn gebruik word vir die samestelling van 'n supervisieprogram vir maatskaplike werkers in diens van die Departement Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2004.
Keywords
South Africa. -- Provincial Administration: Western Cape. -- Dept. of Social Services and Poverty Alleviation, Social workers -- Supervision of -- South Africa -- Evaluation, Social workers -- Training of -- South Africa -- Western Cape -- Evaluation, Dissertations -- Social work, Theses -- Social work
Citation