Oorsake van padongelukke met verwysing na die R44 tussen Somerset-Wes en Klapmuts

Date
2004-12
Authors
Vogel, Liesel
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: South Africa, and other developing countries, experience great problems concerning road traffic accidents. Despite road safety campaigns like Arrive Alive being launched, accident rates do not decline significantly and the problem is predicted to get worse. This study is done on a road in the Western Cape, the R44, to investigate the causes of road accidents. The causes of the accidents are deduced from the accident reports and relationships are sought with other factors. The results of this study are risk factors (human-, environment- and vehicle factors) for the 14 accident types that occurred on the R44, as well as measures to prevent road accidents. It has been found that the human factor plays the biggest role in road accidents. Out of the 404 accidents analysed, 77.7% were caused by human factors, 8.7% by unknown factors, 7.2% by environmental factors and 6.4% by vehicle factors. The problems experienced with the data quality are reported and recommendations concerning it are made.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika en ander ontwikkelende lande ervaar groot probleme met verkeersongelukke. Ten spyte van veldtogte soos Arrive Alive wat geloods word, neem ongelukskoerse nie beduidend af nie, en daar word voorspel dat die situasie nie gaan verbeter nie. Hierdie studie is op 'n pad in die Wes-Kaap, die R44, gedoen om die oorsake van padongelukke vas te stel. Die oorsake van ongelukke i s van die ongeluksvorms a fgelei, en verwantskappe is gesoek met ander faktore. Die resultate van die studie is risikofaktore (menslike-, omgewings- en voertuigfaktore) vir die 14 ongelukstipes wat op die R44 voorgekom het, asook voorkomingsmaatreëls om padongelukke te voorkom. Daar is gevind dat die menslike faktor die grootste oorsaak van ongelukke is. Uit die 404 ongelukke wat geanaliseer is, is 77.7% van die ongelukke deur menslike faktore, 8.7% van die ongelukke deur onbekende faktore, 7.2% van die ongelukke deur omgewingsfaktore en 6.4% van die ongelukke deur voertuigfaktore veroorsaak. In hierdie studie is probleme ondervind met die datakwaliteit, en daaroor is verslag gedoen en aanbevelings gemaak.
Description
Thesis (MScEng)--University of Stellenbosch, 2004.
Keywords
Traffic accident investigation -- South Africa, Traffic accidents -- South Africa, Dissertations -- Civil engineering, Theses -- Civil engineering
Citation