Die ondersteuning van leerders uit hoe risiko-gemeenskappe in primere skole

Date
2004-04
Authors
De Jager, Leon
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: There are learners in the South African education system that reside and live within highrisk situations. These high-risk situations impact on the family-, scholastic and community contexts and also the relationship variables existing between these systems. The risk situations in which these learners live, cause and/or on occasion lead to early school exiting, teenage pregnancy, alcohol and substance abuse, the choice of living on the streets, youth misbehaviour and gangsterism. It is therefore important to determine and recognize the environmental contexts in which these learners find themselves to on the one hand reach a better understanding of this phenomenon, and on the other hand to organise effective aid and assistance initiatives. The following can be reported in this regard: Inconclusive evidence exists with respect to the exact nature of the problems, which confront primary school learners from high-risk situations. A shortage of effective strategies exists to support primary school learners from high-risk situations. This research is undertaken from a social constructionist, contextual ecosystemic perspective. The research is founded on a combination of both qualitative and quantitative methodological approaches and is undertaken within the interpretive research paradigm. An encompassing literature review was undertaken during which the following aspects were described and determined, namely: The problems encountered by learners from high risk situations. Recommendations from South African state departments regarding the assistance and support for learners from high-risk situations. Guidelines collected from the literature regarding the assistance and support for learners from high-risk situations. The empirical investigation is aimed at identifying the nature and extent of the prominent problems being experienced by learners from high-risk situations. Guidelines were developed by which learners from high-risk situations can be assisted and supported. These guidelines were developed on the basis of the research results yielded by the empirical investigation and a synthesis derived from literature exploration and the integration of empirical findings. The research focuses on Grade Seven learners from ten selected primary schools in the Boland region. The investigative instruments used during this research were the questionnaire, photo analysis and the focus interview. The research findings have shown that learners are more inclined to leave the school prematurely because of insufficient relationships that exists between the family, the community and the school. An integrated approach between these contexts is therefore essential to develop strategies in order to prevent learners from dropping out of school.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar is leerders in die Suid-Afrikaanse onderwyssisteem wat 10 hoë risikoomstandighede woon en leef Hierdie risiko-omstandighede het 'n impak op hulle gesins-, skolastiese en gemeenskapskontekste asook die verhoudingsveranderlikes wat daar tussen hierdie sisteme bestaan. Die risiko-omstandighede waarin hierdie leerders leef, veroorsaak en/of lei soms tot byvoorbeeld voortydige skoolverlating, tienerswangerskappe, drank- en dwelmmisbruik, die keuse van 'n lewe op straat, jeugwangedrag en bendevorming. Dit is van belang om die omgewingskontekste van hierdie leerders te begryp en te verreken om enersyds tot 'n beter begrip van die fenomeen te kom, maar om andersyds effektiewe hulpverleningsinisiatiewe te ontwikkel. Die volgende kan in hierdie verband gemeld word: daar bestaan onvoldoende inligting ten opsigte van die wesenlike aard van die probleme wat leerders uit hoë risiko-omstandighede aan primêre skole ervaar; daar is 'n gebrek aan effektiewe strategieë om leerders uit hoë risiko-omstandighede aan primêre skole te ondersteun. Hierdie navorsing word onderneem vanuit 'n sosiaal-konstruksionisties, kontekstueelekosistemiese perspektief Die navorsing steun op 'n kombinasie van beide kwantitatiewe en kwalitatiewe metodologiese benaderings en word onderneem vanuit die interpreterende navorsingsparadigma. 'n Omvattende literatuurstudie is onderneem waartydens die volgende aspekte beskryfen beredeneer is: die probleme wat leerders uit hoë risiko-omstandighede ervaar. aanbevelings uit staatsdepartemente in Suid-Afrika oor die ondersteuning van leerders uit hoë risiko-omstandighede. riglyne vanuit die literatuur oor die ondersteuning van leerders uit hoë risikoomstandighede. Die empiriese ondersoek is daarop gemik om die aard en omvang van die prominente probleme wat leerders uit hoë risiko-omstandighede aan primêre skole ervaar te identifiseer. Riglyne waardeur hierdie leerders ondersteun kan word, is ontwikkel. Hierdie riglyne is ontwikkelop grond van die navorsingsresultate van die empiriese ondersoek en 'n sintese vanuit die literatuurverkenning en die integrasie van die empiriese bevindings. Die navorsing fokus op graad sewe-leerders aan tien geselekteerde primêre skole in die Boland-streek. Drie ondersoekinstrumente word tydens hierdie navorsing gebruik, naamlik die vraelys, foto-analise en die fokus-onderhoud. Die navorsingsresultate het getoon dat leerders meer geneig is om die skool voortydig te verlaat as gevolg van gebrekkige verhoudinge tussen die gesin, die gemeenskap en die skool. 'n Geïntegreerde benadering tussen hierdie kontekste is daarom belangrik om strategieë te ontwikkel wat sal verhoed dat leerders die skool voortydig verlaat.
Description
Thesis (PhD)--University of Stellenbosch, 2004.
Keywords
Problem children -- Education -- South Africa, Children with social disabilities -- Education (Primary) -- South Africa, Education -- Social aspects -- South Africa, Dissertations -- Education
Citation