Locating a counselling internship within a community setting
Thesis (MA) -- University of Stellenbosch, 2002.
Thesis
ENGLISH ABSTRACT: no abstract available
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsing ondersoek die behoefte van Sielkunde as professie om meer sosiaal relevante en gepaste dienste vir al die mense van Suid-Afrika te lewer. Dit bespreek die kritiek teen tradisionele sielkunde en die dringende behoefte vir 'n meer kontekstuele benadering om the negatiewe sielkundige verskynsels in the samelewing te begryp en verklaar. Die waarde van Gemeenskapsielkunde om voorkomende, kuratiewe en bevorderende geestesgesondheidsdienste aan gemeenskappe te lewer, word ook ondersoek. Verskeie modelle van gemeenskapsielkunde en die voorgestelde integrasie van geestesgesondheidsdienste by Primere Gesondheid word bespreek. Die plasing van 'n voorligtingsielkunde internskap binne 'n gemeenskapsomgewing, naamlik, die Don en Pat Bilton Kliniek, Jamestown, word beskryf en qeevalueer.