Economic impact of HIV and AIDS on the business process outsourcing and offshore contact centre industry in South africa

McCreanor, Christopher Paul Andrew (2010-03)

Thesis (MPhil (Industrial Psychology. Africa Centre for HIV/AIDS Management))--University of Stellenbosch, 2010.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Profitable organisations depend, not only on a healthy workforce, but also on an environment conducive to creating wealth and long-term economic growth. The private sector plays a key role in fighting the negative economic impact of HIV and AIDS. Companies in South Africa affected by HIV and AIDS have to compete in global markets where their bottom line could be directly and indirectly affected due to the complexities of compounding factors in managing profitable business operations. The South African Business Process Outsourcing and Offshoring (BPO&O CC)1 sector is no exception. The BPO&O CC sector, like any other business sector, needs business enabling factors such as transparency, well-educated employees, low interest rates and favourable operating conditions to enable them to compete against global competitors. It makes good business sense to the BPO&O CC sector to respond to the epidemic because of the direct impact of HIV and AIDS on the sector resulting from increased costs, loss of productivity and overall threats to the foundations of economies in which companies within the BPO&O CC sector operate. The current and future workforce is placed at an increasingly high risk as the epidemic disproportionately affects people during their most productive years. In this context, it seems important to understand how HIV/AIDS could potentially have a devastating economical impact on the BPO&O CC sector, and what could be done to mitigate the possible economic impact of HIV and AIDS on the BPO&O CC sector.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Winsgewende maatskappye wêreldwyd is nie alleenlik afhanklik van fisiek gesonde werknemers nie, maar ook van positiewe werksomgewings wat kan bydra tot algemene besigheidswelvaart en langtermyn ekonomiese groei. Feitlik alle privaat maatskappye vervul uiters belangrike rolle in die voorkoming en negatiewe ekonomiese impak van MIV en VIGS. Maatskappye in Suid Afrika, spesifiek geraak deur MIV en VIGS, ding steeds op internasionale markte mee, waar basislynprestasies direk en indirek deur MIV en VIGS beïnvloed word hoofsaaklik as gevolg van ‘n reeks ingewikkelde faktore, kritiek in die bestuur van winsgewende besigheidsondernemings. Die Suid Afrikaanse “Outsourcing and Offshoring (BPO&O CC)” sektor is geen uitsondering nie. Die “Outsourcing and Offshoring (BPO&O CC)” sektor, soos enige ander besigheidssektor, is direk afhanklik van’n reeks faktore, positief vir die skep van ‘n gesonde werksomgewing en besigheidswelvaart in die algemeen. Hierdie faktore sluit deursigtigheid, goed geskoolde werknemers, lae inflasiekoerse en voordelige werksomstandighede in, ten einde maatskappye werklik in staat te stel om in die internasionale besigheidsmark te kan meeding. Dit is sonder twyfel voordelig vir die “BPO&O CC” sektor in Suid Afrika om proaktief teen die MIV en VIGS epidemie op te tree ten einde ‘n toename in produksiekostes, produktiwiteitsverliese en ander verliese wat gelei mag word binne die ekonomieë waarin die “BPO&O CC” sektor besigheid doen, teen te werk. Die huidige en toekomstige werksmag in Suid Afrika word deur MIV en VIGS bedreig en raak veral werknemers in die mees produktiewe periodes van hul werkslewens. Binne hierdie konteks blyk dit van die uiterste belang te wees om die potensieel vernietigende impak van MIV en VIGS in die “BPO&O CC” sektor te verstaan en doelgerig op te tree om dit daadwerklik teen te werk.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/4338
This item appears in the following collections: