The expected role of the critical care clinical nurse specialist in private hospitals

Date
2010-03
Authors
Prins, Aletta Jacoba
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The trend towards specialisation in nursing has resulted in the development of the role of the Clinical Nurse Specialist (CNS) since the 1960s and 1970s in North America and the United Kingdom respectively. A Clinical Nurse Specialist should demonstrate excellent skills in leadership, communication, critical thinking, clinical and collaborative ethical decision-making, as well as mentoring. Research done internationally has shown that advanced practice nursing leads to higher patient satisfaction and compliance, fewer hospitalisations and shorter length of stays. The development of the CNS role in SA is slow in implementation. The South African Qualifications Authority has only recently published qualification rules for a master’s certificate and master’s degree in Nursing for advanced specialist nurses in SA. This situation led to the following research question: What is the expected role of the Critical Care Clinical Nurse Specialist in private hospitals in the northern and southern suburbs of the Cape Peninsula, South Africa? A non-experimental, explorative, descriptive study with a quantitative orientation was conducted in eight private hospitals in the Cape Peninsula. Through non-probability sampling 73 critical care health professionals (critical care professional nurses, clinical nurse specialists, nursing managers, unit managers, nurse educators, clinical facilitators, clinical coordinators and doctors) out of a population of 170 critical care health professionals participated in the study. A survey tool was designed and validated to collect the data. Quantitative data was analysed through Statistica® and qualitative data was analysed thematically. It was found that 81% of the participants agreed that Clinical Nurse Specialists should be appointed in the South African critical care environment as soon as possible to improve patient outcomes, to contribute to safer nursing care, to relieve work stress of shift leaders and bedside nurses and to improve the professional status of nursing. It is recommended that greater awareness regarding the Clinical Nurse Specialist should be developed. The relevant educational requirements should be finalised and a clear job description should be compiled. Nursing managers should appoint Clinical Nurse Specialists in each critical care unit as soon as possible.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die rol van die Kliniese Verpleegspesialis het as uitvloeisel van spesialisering in verpleging sedert 1960 en 1970 in Noord-Amerika en Groot-Brittanje onderskeidelik ontwikkel. `n Kliniese Verpleegspesialis behoort die volgende eienskappe te openbaar: uitmuntende vaardighede met betrekking tot leierskap, kommunikasie, kritiese denke, kliniese en etiese besluitneming en mentorskap. Internasionale navorsing het aangetoon dat gevorderde verpleegkunde tot `n hoër vlak van pasiënttevredenheid en nakoming van behandelingsvoorskrifte, minder hospitalisasie en korter hospitaalverblyf aanleiding gee. Die ontwikkeling van die rol van die Kliniese Verpleegspesialis in Suid- Afrika geskied langsaam. Die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-Outoriteit (SAKO) het eers onlangs die reëls vir `n meestersertifikaat en meestersgraad in Verpleegkunde vir gevorderde spesialisverpleegkundiges gepubliseer. Hierdie situasie het tot die onderstaande navorsingsvraag aanleiding gegee: Wat is die verwagte rol van die Kritiekesorg- Kliniese Verpleegspesialis in privaathospitale in die noordelike en suidelike voorstede van die Kaapse Skiereiland, Suid-Afrika? `n Nie-eksperimentele, beskrywende studie met `n kwantitatiewe benadering is in agt hospitale in die Kaapse Skiereiland onderneem. Deur nie-waarskynlikheids-, toevallige steekproefneming is 73 professionele betrokkenes by kritiekesorggesondheid (professionele kritiekesorgverpleegkundiges, kliniese verpleegspesialiste, verpleegbestuurders, eenheidsbestuurders, opvoeders in verpleegkunde, kliniese fasiliteerders, kliniese koördineerders en dokters) uit `n populasie van 170 professionele betrokkenes by kritiekesorggesondheid in die studie ingesluit. `n Vraelys is ontwerp en gevalideer vir die insameling van data. Kwantitatiewe data is deur middel van Statistica® ontleed terwyl die kwalitatiewe data tematies ontleed is. Daar is gevind dat die meerderheid van die deelnemers saamgestem het dat Kliniese Verpleegspesialiste so gou moontlik in die kritiekesorgomgewing in Suid-Afrika aangestel behoort te word. Die Kliniese Verpleegspesialis dra by om pasiëntuitkomste te verbeter, om tot veiliger verpleegsorg by te dra, om werkspanning van skofleiers en verpleegsters te help verlig en om die professionele status van verpleging te verbeter. Daar word aanbeveel dat daar groter bewusmaking aangaande die Kliniese Verpleegspesialis moet wees. Vereistes vir opleiding behoort gefinaliseer te word en `n duidelike werksbeskrywing moet opgestel word. Verpleegbestuurders behoort Kliniese Verpleegspesialiste so gou moontlik in die kritiekesorgomgewing aan te stel.
Description
Thesis (MCur (Nursing Science))--University of Stellenbosch, 2010.
Thesis presented in partial fulfilment of the requirements for the degree of Master of Nursing at Stellenbosch University
Keywords
Critical care medicine, Nurse practitioners, Dissertations -- Nursing, Theses -- Nursing
Citation