The pirates of Somalia : maritime bandits or warlords of the high seas

Cronjé, Dian (2010-03)

Thesis presented in partial fulfilment of the requirements for the degree of Master of Philosophy (Political Management) at Stellenbosch University

Thesis (MPhil (Political Science))--University of Stellenbosch, 2010.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Inflicting a financial loss of over $US16 billion to international shipping, the occurrence of maritime piracy in areas such as the Strait of Malacca and the west coast of Africa, has significantly affected the long-term stability of global maritime trade. Since the collapse of the Somali state in the early 1990’s, international watch groups have expressed their concern as to the rise of piracy off the Somali coast and the waterways of the Gulf of Aden. However, 2008 marked an unprecedented increase in pirate attacks in Somali waters. These attacks did not only increase in number but also became more sophisticated. As more than 85% of world trade relies on maritime transport, the world was forced to take notice of the magnitude of Somali piracy. Considering the relative novel nature of Somali piracy, this field presents a vast potential for further and in-depth academic inquiry. This descriptive and explanatory study set out to explore the evasive nature of the what and why (and who) of Somali piracy and relied on inductive reasoning in order (a) to explore and define the contributing causes to the Somali conflict; (b) to indicate how the conflict and the resulting consequences in particularly the Puntland region contributed to the rise of maritime piracy; (c) to determine whether the pirate groups are fishermen protecting their resources by acting like vigilantes and self-defence units, or if they were bandits, warlords, Islamists or a combination of aforementioned; and to (d) establish the role which resource scarcity and state collapse played in rendering Somalia vulnerable to maritime piracy. In pursuing the above mentioned goals, this study relied on an analysis of authoritative and contemporary sources. Media reporting was used for updating the fast moving information. This study attributed the Somali conflict to historic and ethnic clan rivalries and the legacy of colonial rule that led to the arbitrary partitioning of Somalia by colonial superpowers. Military rule, oppression, wars with neighbours (Ethiopia), superpower intervention, famine and the rise of warlords made for state failure in Somalia. In Puntland, such factors were further aggravated by severe environmental hardship and natural disasters. Food became one of the scarcest resources in Somalia. People migrated to cities and to the coast where foreign fishing vessels also exploited the absence of coast guards in plundering fish. Some Somali fishermen reacted and in retrieving fish, apprehended ships, resulting in armed robbery at sea. But many went further, hijacking merchant vessels, and demanding huge ransoms. Initially prompted by grievance towards the exploitation of the Somali coastal resources, the vast financial rewards of piracy rapidly transformed this impetus to personal gain and greed. In doing so, these groups assumed characteristic similar to criminal bandits and warlords. Or were they Islamists fundraising for al-Qaeda? But unlike warlords, pirates normally never kill. The links with either Islamists or terrorism have also not been established either. The alleged link with criminal networks is much more plausible.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Maritieme seerowery in areas soos die Straat van Malacca en aan die weskus van Afrika, het tot op datum, na raming, finansiële verliese van meer as $US16 biljoen aan internasionale skeepshandel berokken en het ‘n beduidende negatiewe effek op die langtermyn stabiliteit van globale maritieme handel. Sedert die verval van die Somaliese staat in 1991, het internasionale waarnemingsgroepe hul besorgdheid uitgespreek oor die toename van seerowery aan die Somaliese kus en die aangrensende Golf van Aden. Vanaf 2008 was daar egter ‘n ongekende toename in seerower aanvalle in Somaliese kuswaters. Nie alleen was daar ‘n toename in die aantal insidente nie, maar die aanvalle is gekenmerk deur meer gesofistikeerde metodes. Aangesien meer as 85% van wêreldhandel afhanklik is van seevervoer, was die wêreld genoodsaak om kennis te neem van die omvang van die verskynsel. Gegewe die feit dat Somaliese seerowery ‘n relatiewe onlangse verwikkeling is, bied hierdie veld groot potensiaal vir verdere en diepgaande studie. Die beskrywende en verduidelikende studie het ten doel om die ontwykende vraagstuk oor die wat, hoekom en wie van Somaliese seerowery te verken en by wyse van induktiewe beredenering die volgende vas te stel: (a) om die bydraende oorsake tot die Somaliese konflik te ondersoek en te definieer, (b) om aan te dui hoe die konflik en die gevolge daarvan, spesifiek in die Puntland streek, bygedra het tot die ontstaan van plaaslike seerowery (c) om vas te stel of die seerower-groepe vissers is wat hul bronne beskerm deur vigilante of selfverdedigings-eenhede te stig en of hulle oorlogsbaronne, radikale Islamiste of ‘n kombinasie van voorafgenoemde is, en (d) om die rol te beskryf wat hulpbron-skaarste en staatkundige verval gespeel het om die risiko van seerowery in Somalie te verhoog. In navolging van voorafgenoemde doelwitte het die ondersoek staatgemaak op ‘n deeglike ontleding van gesaghebbende en kontemporêre bronne. Hierdie teoretiese grondslag is verder aangevul deur media-verslaggewing oor die onderwerp. Die studie het bevind dat die Somaliese konflik toegeskryf kan word aan historiese en klanverskille en die nalatenskap van koloniale heerskappy wat mettertyd gelei het tot die arbitrere verdeling van Somalië deur koloniale moondhede, militêre onderdrukking, geskille met buurstate (Ethiopië), inmenging van supermoonthede, hongersnood en die opkoms van oorlogsbaronne. Hierdie faktore het bygedra tot die staatkundige verval van Somalië. In Puntland in besonder, is hierdie bydraende faktore vererger deur omgewingsontbering en natuurlike rampe. Gevolglik het voedsel een van die skaarste hulpbronne geword in Somalië. Hierdie omstandighede het die bevolking na die kus gedryf, waar buitelandse visserbote onwettig die mariene-bronne geplunder het. In reaksie hierop het die bevolking self die wapen opgeneem om sulke skepe te konfronteer wat gelei het tot gewapende roof ter see. Sekere vissermanne het egter verder oortree en bote gekaap en aangehou in ruil vir omkoopgeld. Dit was egter lank nie meer gekaapte vissersbote nie, maar handelsskepe met ander duursame vragte. Terwyl hul optrede aanvanklik gemotiveer is deur ontevredenheid met die onwettige ontginning van mariene bronne, het die aansienlike finansiele voordele van seerowery hierdie dryfveer mettertyd gewysig tot een van persoonlike gewin en hebsug. In hierdie proses het die groeperinge eienskappe ontwikkel soortgelyk aan kriminele rowers en oorlogsbaronne van die oopsee en radikale Islamiste. Anders as oorlogsbaronne het hierdie groepe egter nie die lewe van hul slagoffers geneem nie. Die verband tussen hierdie seerowergroepe en radikale Islamiste of terroriste groepe kan ook nie verseker vasgestel word nie. Daar is dus ‘n meer geloofwaardige verband tussen sulke groepe en georganiseerde kriminele netwerke.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/4112
This item appears in the following collections: