Augustine’s use of Romans in the conversion narratives of the Confessions

Jordaan, Donovan (2009-12)

Thesis (MA (Ancient Studies)--University of Stellenbosch, 2009.


ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study is to investigate the use of the quotations of Paul’s Epistle to the Romans in the conversion narratives in Augustine’s Confessions. The Confessions is an account of Augustine’s conversion to Catholic Christianity. Within the Confessions there are many conversion narratives which form part of a greater narrative that culminates in Augustine’s final conversion in Book 8 of the Confessions. Within these conversion narratives, Augustine often quotes from Romans. In the first chapter, I discuss the use of Rom. 10:14‐15 in the opening paragraph of the Confessions, particularly Augustine’s sensitivity to the diatribe style. The opening paragraph is also significant within the context of the conversion narratives, as it features Augustine in his converted state and effectively represents the goal towards which the conversion narratives will strive. My second chapter deals with the “aversion” narrative in Conf. 5.3.5 and the use of Rom. 1:21‐25. Much attention is given to Augustine’s allusion to apologetic works, particularly the Wisdom of Solomon, which Rom. 1:21‐25 emulates. Chapter three is concerned with the significance of Rom. 1:21‐25 in the intellectual conversion of Augustine. While Augustine reuses a quotation in Conf. 7.9.13‐15, I focus on the unique use of this quotation and its specific significance to the intellectual conversion. The fourth chapter deals with the scriptural conversion and Augustine’s use of Rom. 7:22‐25. In the final chapter, I discuss the use of the references to Romans in Book 8 which Augustine has already quoted earlier in the Confessions. I then show how these quotations affect the interpretation of the spiritual conversion at the end of Book 8.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is om die gebruik van die verwysings na Paulus se Brief aan die Romeine in die bekeringsverhale in Augustinus se Confessiones te ondersoek. Die Confessiones is ’n berig van Augustinus se bekering tot die Katolieke Christendom. In die Confessiones is daar baie bekeringsverhale wat deel vorm van ’n groter verhaal wat sy voltooiing in die slotbekeringsverhaal in Boek 8 van die Confessiones vind. In hierdie bekeringsverhale haal Augustinus dikwels Romeine aan. In die eerste hoofstuk bespreek ek die gebruik van Rom. 10:14‐15 in die inleidende paragraaf van die Confessiones, met klem op Augustinus se aanwending van die diatribe styl. Die inleidende paragraaf is ook van belang met betrekking tot die bekeringsverhale, omdat dit Augustinus in ’n bekeerde toestand uitbeeld en effektief die doel verteenwoordig wat die bekeringsverhale nastreef. My tweede hoofstuk handel oor die “afkeer”‐toneel in Conf. 5.3.5 en die gebruik van Rom. 1:21‐25. Aandag word gegee aan Augustinus se toespeling op apologetiese werke, veral die Wysheid van Salomo, wat deur Rom. 1:21‐25 nageboots word. Hoofstuk drie handel oor die belang van Rom. 1:21‐25 in die intellektuele bekeringsverhaal van Augustinus. In Conf. 7.9.13‐15 gebruik Augustinus weer ’n keer dieselfde aanhaling, en hier is die fokus op die unieke gebruik van hierdie aanhaling en sy spesifieke konteks binne die intellektuele bekeringsverhaal. Die vierde hoofstuk handel oor Augustinus se bekering tot die Skrif en sy gebruik van Rom. 7:22‐25. In die laaste hoofstuk bespreek ek die gebruik van verwysings na Romeine wat Augustinus alreeds vroeër aangehaal het in Boek 8 van die Confessiones. Ten slotte toon ek aan hoe hierdie aanhalings die interpretasie van die geestelike bekeringsverhaal aan die einde van Boek 8 beïnvloed.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL:
This item appears in the following collections: