Abstract:
Die ontstaan van waaisand langs die Suidwes-Kaapse kus en die geskiedenis van waaisandherwinning in die gebied word behandel. Die gebruik van Ammophila arenaria (marram) en A. breviligulata tydens die herwinning van waaisand in ander lande word bespreek.
Verskillende metodes kan gebruik word om die resultate van die onderskeie behandelings op die groei van marramgras te bepaal.