Verbruikersgedrag in die SA Weermag: 'n alternatiewe siening

Date
1991
Authors
Beukes, J. A.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Open Journal Systems
Abstract
Omstandighede in die wêreld verander feitlik oornag. Kommunisme faal in Oos-Europa, die oorlog in Angola is verby, Namibië verkry onafhanklikheid, die ANC word ontban en die Apartheidswette word afgeskaf. Hierdie gebeure was twee jaar gelede ondenkbaar. Die gevolge van bogenoemde gebeure het ook die Verdedigingsgemeenskap beïnvloed. Die Weermagbegroting is met meer as 3 miljard rand besnoei, diensplig is verkort, grootskaalse rasionalisasie word tans in die Weermag onderneem en in die algemeen heers daar groter finansiële dissipline in die SAW. Elke rand uitgegee moet behoorlik verreken en motiveer word. En veral na die BSB-debakel word SAW bedrywighede en besteding met valk-oë dopgehou. Dit is teen hierdie agtergrond dat verbruikersgedrag in die SA Weermag bespreek gaan word.
Description
The original publication is available at http://scientiamilitaria.journals.ac.za/pub
Keywords
Fall of Communism, Military budget, Consumer behaviour
Citation
Beukes, J.A. 1991. Verbruikersgedrag in die SA Weermag: 'n alternatiewe siening. Scientia Militaria: South African Journal of Military Studies, 21 (3): 9-14.
Collections