Themeda Triandra Renosterveld in the Heidelberg District

Raitt, Gwendolyn R. (2005-12)

Thesis (MSc)--University of Stellenbosch, 2005.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This study investigated the composition of Themeda triandra Renosterveld in part of the Grootvadersbosch Conservancy and the effects of selected environmental and management variables to provide guidelines for promoting the presence of Themeda triandra in the veld. The Zürich-Montpellier phytosociological method was used to determine the composition of the Renosterveld communities. The point quadrat method was used to determine the cover of Themeda triandra at three grass dominated sites and compare cover from one site with past cover measurements at the specific site. Ordination was used to examine the effects of the environmental and management variables on the plant communities. Two community groups, five communities and five subcommunities were identified and described. The Themeda triandra – Stoebe phyllostachys Grassland Community Group consists of two communities of which one has two subcommunities. The Themeda triandra – Elytropappus rhinocerotis Shrubland Community Group consists of three communities of which one has three subcommunities. The vegetation units described in this study have not been described previously in the literature. One community belongs to Silcrete Fynbos while another subcommunity is transitional between Renosterveld and thicket and gallery forest. The rest of the plant communities fit the definition for Renosterveld (the local Renosterveld type is Eastern Rûens Shale Renosterveld). Cover of Themeda triandra did not differ significantly either between sites or between years. The comparison of Themeda triandra cover between years was done at a site that had been burnt between the last two sampling times yet the cover was not significantly different. This indicates that fire and other management practices did not have a negative impact on Themeda triandra at the site. Unconstrained ordination of the dataset in which cover/abundance values were included, grouped the relevés by moisture and disturbance but the presence/absence dataset indicates that the two community groups have a slight transitional overlap. Constrained ordination of both datasets with a) soil variables and b) management variables, both showed a tendency to separate the relevés into community groups, that did not happen with topographic and vegetation variables. Ordination did not separate the community groups into their subdivisions. The soil variables (both nutrients and texture) influence the vegetation structure and the community distribution. Under the existing grazing management regime, fire at three to five year intervals promoted the dominance of Themeda triandra by affecting the structure of the plant communities, the abundance of species other than Themeda triandra, and influencing which plant community is present. The use of fire as a management tool was regulated by the importance of the natural veld pastures to the farmers. The natural veld pastures are not suitable for dairy cattle in milk. Thus dairy farmers are less likely to burn the natural veld (no planned burns only chance fires) than those who farm with mutton or beef (planned burns on a three to five year interval).

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie het die samestelling van Themeda triandra Renosterveld in ’n deel van die Grootvadersbosch-Bewaria en die uitwerking van geselekteerde omgewings- en bestuursveranderlikes ondersoek om riglyne vir die bevordering van Themeda triandra in die veld daar te stel. Die Zürich-Montpellier fitososiologiese metode is gebruik om die samestelling van die Renosterveldgemeenskappe te bepaal. Die puntkwadraat-metode is gebruik om ’n skatting van die dekking van Themeda triandra by drie gras-gedomineerde persele te bepaal en om ’n vergelyking te maak tussen die huidige en vorige dekking van ’n enkele perseel. Ordinasie is gebruik om die invloed van omgewings- en bestuursveranderlikes op die plantgemeenskappe te bepaal. Twee gemeenskapsgroepe, vyf gemeenskappe en vyf subgemeenskappe is geïdentifiseer en gedefinieer. Die Themeda triandra – Stoebe phyllostachys Grasland-gemeenskapsgroep bestaan uit twee gemeenskappe waarvan een in twee subgemeenskappe onderverdeel is. Die Themeda triandra – Elytropappus rhinocerotis Struik-gemeenskapsgroep bestaan uit drie gemeenskappe waarvan een in drie subgemeenskappe onderverdeel is. Die plantegroei-eenhede wat in die studie beskryf is, is nie voorheen in die literatuur beskryf nie. Een gemeenskap behoort aan Silkreet-fynbos en ’n ander subgemeenskap is ’n oorgangsfase tussen Renosterveld en struikbosveld of woud, terwyl die res van die plantgemeenskappe binne die definisie van Renosterveld val (die plaaslike Renosterveld tipe staan bekend as Oostelike Rûens Skalierenosterveld). Die bedekking van Themeda triandra het nie betekenisvol gevarieer tussen óf die verskillende lokaliteite óf die verskillende jare nie. Die vergelyking van Themeda triandra-bedekking oor tyd is onderneem in ’n gebied wat tussen opnames gebrand is. Die bedekking het nie betekenisvol verskil nie. Dit dui aan dat vuur en ander bestuurspraktyke nie ’n negatiewe invloed op Themeda triandra in hierdie gebied het nie. Onbeperkte ordinasie van die datastel met die vergelyking van bedekking/volopheidwaardes, groepeer die relevés volgens vogtigheid en versteuring, terwyl die datastel ten opsigte van teenwoordigheid/ afwesigheid aandui dat die twee gemeenskapsgroepe ’n effense oorgangs-oorvleueling het. Beperkte ordinasie van beide datastelle met a) grondveranderlikes en b) bestuursveranderlikes, toon albei ’n neiging om die gemeenskapsgroepe te skei, wat nie gebeur het met die topografiese- en plantegroeiveranderlikes nie. Ordinasie het nie die gemeenskapsgroepe onderverdeel in gemeenskappe of subgemeenskappe nie. Die grondveranderlikes (beide voedingstowwe en tekstuur) beïnvloed die struktuur en die verspreiding van die plantegroei. Met die bestaande weidingsbestuur bevorder brande met ’n interval van tussen drie tot vyf jaar die oorheersing van Themeda triandra deur die struktuur van die teenwoordige plantgemeenskap te beïnvloed, deur die getal van die verskillende plantsoorte te beïnvloed en selfs deur die plantgemeenskap se voorkoms te beïnvloed. Die waarde wat die boer aan die natuurlike veld as weiveld heg bepaal die mate waartoe hulle veldbrand gebruik as ’n deel van bestuur. Die natuurlike veld is nie geskik vir melkkoeie wat in die melkproduksiestadium is nie. Die melkboere is dus minder geneig om die natuurlike veld te brand (geen beplande brande nie net kans brande) as die boere wat met vleisbeeste of skape boer (beplande brande elke drie tot vyf jaar).

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/20939
This item appears in the following collections: