The impact of South African firms on the liberalised Zambian economy

Mulusa, L.M. (2005-12)

Assignment (MPhil)--University of Stellenbosch, 2005.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: While admitting that the ambitious privatization programme embarked on from 1991 to date in Zambia has contributed to unemployment largely due to the closure of privatized parastatal companies, post-privatization business conduct of investors need analyzing in order to understand why the expected economic growth and job creation in the country has never taken place. In this article the role the local political leadership, globalization and the tendency towards misplaced policy formulation play in driving the state of under development in Zambia will be analysed. The inherent weaknesses in the New Partnership for Africa’s Development which may further deny poor African countries such as Zambia, the benefits of a well timed and supported programme to provide home grown solutions for the continent’s numerous developmental problems will also be looked at. The paper will contribute towards resolving Zambia’s problems by suggesting the need to formulate policies which create a positive interface between local policies adopted to support and attract investment, and the motives driving the global players to invest in particular countries. In particular this paper focuses on the absence of good investment policy formulation, and consequently, the absence of the full economic benefit which should be derived by the economy for hosting multinational business enterprises such as the Shoprite Checkers Group.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die ambisieuse privatiserings program wat sedert 1991 in Zambië gevolg word, het hoofsaaklik as gevolg van die sluiting van geprivatiseerde semistaatsmaatskappye tot werkloosheid bygedra. Die sake-optrede van beleggers ná privatisering moet egter ontleed word ten einde te verstaan waarom die verwagte ekonomiese groei en werkskepping nooit in hierdie land plaasgevind het nie. In hierdie artikel sal die rol wat die plaaslike politieke leierskap, globalisering en die neiging na misplaaste beleidsformulering in onderontwikkeling in Zambië speel, ondersoek word. Die inherente tekortkominge in die Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling wat arm Afrikalande soos Zambië moontlik die voordele van ’n geleë en ondersteunde program om eie oplossings vir die kontinent se veelvuldige ontwikkelingsprobleme te bied, ontsê, sal ook onder die loep geneem word. Hierdie artikel sal ter oplossing van Zambië se probleme voorstel dat beleid geformuleer word wat ’n positiewe raakvlak bied tussen plaaslike beleid wat aangeneem is om belegging te lok en te ondersteun, en die beweegredes agter wêreldrolspelers se besluite om in spesifieke lande te belê. Hierdie artikel fokus veral op die afwesigheid van die formulering van goeie beleggingsbeleid en die gevolglike afwesigheid van die volle voordeel wat die ekonomie daaruit kan put om as gasheer vir multinasionale sake-ondernemigs soos die Shoprite Checkers Groep op te tree.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/20936
This item appears in the following collections: