A comparison of bird foraging preferences for fruits of indigenous and alien shrubs and seed dispersal potentials in the Cape Floristic Region

Date
2012-03
Authors
Mokotjomela, Thabiso Michael
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study tested the proposal that fleshy-fruited alien shrubs competed more effectively for avian dispersal services than indigenous shrubs. Several different quantitative measures of increasing complexity were applied to test bird foraging preferences for fruits of two established alien shrubs (Lantana camara, Solanum mauritianum), two emergent alien shrubs (Myoporum tenuifolium, Pittisporum undulatum) and two indigenous shrubs (Chrysanthemoides monilifera, Olea europaea subsp. africana). Overall the simplest quantitative measure, namely that of bird visitation frequency identified foraging preferences of individual bird species for fruits of alien and indigenous shrubs. Moreover, even the more complex measures of numbers of foraging birds, foraging times and products of these in the computed consumption intensity and seed dispersal efficiency were positively correlated to visitation frequency. There was a distinct preference of several, especially heavily fugivorous, bird species for fruits of established alien than indigenous shrubs and several moderately fugivorous bird species preferred fruits of emergent than established alien shrubs. Intricate photographic and experimental approaches were applied to obtain precise numerical data on seed removal rates by birds from the alien and indigenous shrubs. Deficiencies associated with the experimental approach included its inability to discriminate between asynchronous fruit production and fruit ripening, individual foraging bird species, and fruit consumption by other fruit foraging vertebrates. The advantages of the photographic approach were in its provision of a detailed permanent record of individual foraging bird species, their total numbers and precise foraging times and the proportions of whole fruits consumed, as well as other behavioural foraging traits. Tested also was the proposal that frugivorous birds remove larger amounts of fruits from plants with high fruit production and nutritional contents and that the germination of the bird-ingested seeds is enhanced. In compliance with this proposal, canopy fruit mass and monosaccharide content were all positively correlated with the total numbers of seeds removed by birds and viable seeds excreted by birds. Only defecated seeds of the indigenous C. monilifera and alien L. camara displayed enhanced germination following their ingestion by birds Seed dispersal distances of alien and indigenous shrubs by birds were estimated from published records of bird body masses, gut retention times of consumed seed and flight speeds. Estimated seed dispersal distances ranged between 0.41 and 0.81 km for the subset of heavily and moderately frugivorous bird species examined. However, their foraging distances derived from birdring recapture records were much greater, these peaking between 2.5 and 50 km in some heavily frugivorous bird species. It is concluded 1. that bird visitation frequency be applied as the most efficient and practical quantitative measure for gauging bird foraging preferences in future surveys which should involve large complements of indigenous, emergent and established alien species, 2. that flight speeds and gut passage times of ingested alien and indigenous seeds need to be measured in local bird species so long distance seed dispersal potentials can be more precisely determined and 3. that control measures should be focused on eradicating especially emergent alien species with fleshy fruits from urban environments to prevent their transport by birds into adjacent natural areas.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie het die voorstel getoets dat uitheemse vlesige-vrug struike meer effektief kompeteer vir voël verspreidingsdienste as inheemse vlesige-vrug struike. Verskeie kwantitatiewe maatstawwe van toenemende kompleksiteit was toegepas om die voedingsvoorkeure van voëls vir vrugte van twee gevestigde uitheemse struike (Lantana camara, Solanum mauritianum), twee ontluikende uitheemse struike (Myoporum tenuifolium, Pittisporum undulatum) en twee inheemse struike (Chrysanthemoides monilifera, Olea europaea subsp. africana) te toets. Algeheel het die eenvoudigste kwantitatiewe maatstaf, naamlik voël besoek frekwensie, voedingsvoorkeure van individuele voël spesies vir vrugte van uitheemse en inheemse struike geïdentifiseer. Addisioneel het die meer komplekse maatstawwe soos voël getalle, voedings tye, asook produkte hiervan in die berekende verbruiks intensiteit en saadverspreiding effektiwiteit almal positiewe korrelasies met besoek frekwensie. Predominant vrugtevretende voël spesies het ‘n duidelike voorkeur getoon vir vrugte van gevestigde uitheemse eerder as inheemse struike. Verskeie meer gematigde vrugtevretende voël spesies het egter vrugte van ontluikende eerder as gevestigde uitheemse struike verkies. Ingewikkelde fotografiese en eksperimentele benaderings was gebruik om presiese numeriese data van saad verwyderingstempo’s deur voëls vanaf die bestudeerde struike te bekom. Tekortkominge geassosieerd met dié eksperimentele benadering sluit in die onvermoë om te onderskei tussen asinkrone vrug produksie en vrug rypwording, individuele kos soekende voël spesies, asook vrug verbruik deur ander vrugvretende werweldiere. Die voordele van die fotografiese benadering was die verskaffing van ‘n gedetailleerde permanente rekord van individuele kos soekende voël spesies, hul totale getalle, presiese voedingstye, proporsie heel vrugte verbruik, asook ander voedingsgedrag eienskappe. Ook getoets was die voorstel dat vrugtevretende voëls groter hoeveelhede vrugte verwyder van plante met hoë vrugproduksie en hoë nutriënt inhoud, en dat ontkieming van voëlingeneemde sade verhoogd is. In nakoming met die voorstel, was blaredak vrugte massa en monosakkaried inhoud albei positief gekorreleer met totale aantal sade verwyder deur voëls en lewensvatbare sade uitgeskei deur voëls. Slegs sade van die inheemse C. monilifera en die uitheemse L. camara het verhoogde ontkieming gewys na inname deur voëls. Saadverspreiding afstande van uitheemse asook inheemse struike deur voëls was bepaal vanaf gepubliseerde rekords van liggaams massa, saad behoud tye in die maag na inname, en vliegspoed. Beraamde saadverspreiding afstande het gestrek tussen 0.41 en 0.81 km vir dié subgroep van predominant en gematigde vrugtevretende voël spesies bestudeer. Nogtans was voedings afstande, afgelei van geringde voël hervangs rekords, veel groter, en het gepiek tussen 2.5 en 50 km vir sommige predominant vrugtevretende spesies. Gevolglik weet ons nou dat 1) voël besoek frekwensie toegepas kan word as die mees effektiewe en praktiese kwantitatiewe maatstaf vir die bepaling van voël voedings voorkeure in toekomstige opnames waar komplementêre groepe inheemse, ontluikende en gevestigde uitheemse spesies bestudeer word; 2) vliegspoed en maag passeer tye van ingeneemde uitheemse en inheemse sade gemeet moet word in plaaslike voël spesies sodat langafstand saadverspreiding potensiaal meer presies bepaal kan word; en 3) beheer maatstawwe moet fokus op die verwydering van spesifiek ontluikende uitheemse vlesige-vrug spesies vanuit stedelike omgewings, om sodoende saad vervoer deur voëls na naasliggende natuurlike areas the verhoed.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2012.
Keywords
Birds -- Food -- South Africa -- Western Cape, Birds -- Foraging preferences -- South Africa -- Western Cape, Seed dispersal by birds -- South Africa -- Western Cape, Theses -- Conservation ecology and entomology, Dissertations -- Conservation ecology and entomology
Citation