Variante in die poesie van Ina Rousseau

Kleyn, Shane Jean (2012-03)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2012

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: “A verse might be complete, but then I fiddle with it again and it is not complete anymore,” Ina Rousseau says in an interview. When one compares poems from her Versamelde gedigte 1954-1984 and Die stil middelpunt with their predecessors in magazines and in her volumes of poetry, one sees that Rousseau often made revisions. Over the years her poetry has come into being like a “living organism”. It reminds one of the rewritings of Martinus Nijhoff. This study aims to discuss the variants in the poetry of Ina Rousseau, by means of a variant system that unlocks the printing history of all 253 published poems. My discussion focuses on 17 poems (at least one from each volume of poetry) that is printed in full in the variant edition. I’ve used supplement material and reception texts to give the reader a perspective on Rousseau as poet, and the involvement of other roll players. By bringing in these secondary texts I aim to situate the poem discussions and try to show that theme and textgenesis should not be viewed as separate entities.

AFRIKAANSE OPSOMMING: “’n Vers kan miskien afgerond wees en dan gaan peuter ek weer aan hom en dan is hy nie meer afgerond nie,” sê Ina Rousseau in ’n onderhoud. Wanneer ’n mens dan gedigte uit haar Versamelde gedigte 1954-1984 en Die stil middelpunt vergelyk met vroeër weergawes in tydskrifte en in bundels, sien ’n mens dat sy lief was daarvoor om veranderinge aan te bring. Haar poësie, wat deur die jare soos ’n “lewende organisme” tot stand gekom het, herinner aan die verbete herdigtings van Martinus Nijhoff. Hierdie studie het ten doel om die variante in die poësie van Ina Rousseau van naderby te beskou aan die hand van ’n variante-apparaat wat die volledige drukgeskiedenis van 253 gedigte ontsluit. My bespreking fokus op 17 gedigte (minstens een uit elke bundel) wat volledig in ’n variante-edisie afgedruk staan. Ek gebruik ook aanvullende materiaal en resepsietekste om die leser ’n perspektief op Rousseau se digterskap en die betrokkenheid van ander rolspelers te gee. Deur die byhaal van hierdie sekondêre bronne probeer ek om die gedigbesprekings te situeer en te toon dat tematiek en teksontwikkeling nie losmaaklik van mekaar is nie.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/20230
This item appears in the following collections: