'n Weg na betekenis : 'n gevallestudie van letterlike en figuurlike ikonografie van Bybelse eksegese

Van Velden, Christina Maryke (2012-03)

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2012.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This thesis comprises a critical analysis of the relationship between form and function in contemporary iconography that contains religious themes. From the theoretical stance of Visual Culture iconography can be defined as ‘context-specific visual language’. I suggest that meaning is created not only through material usage but also through the hermeneutic content of images. By means of a comparison between an example of what I deem literal iconography and another of figurative iconography, I explore two divergent methods through which religiously-inspired iconography can be employed in the construction of visual texts. The two examples comprise of the evangelical poster Die Smal en Breë Weg (The Broad and Narrow Way) and Willem Boshoff’s Bread-and-Pebble Road Map (2004).

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie skripsie omvat ‘n kritiese analise van die verhouding tussen die aard en die funksionering van kontemporêre ikonografie wat religieuse temas bevat. Vanuit die teoretiese hoek van Visuele Kultuur kan ikonografie gedefinieer word as ‘konteks-spesifieke visuele taal’. Ek stel voor dat betekenis nie alleen gegenereer word deur die materiële gebruik van beeldmateriaal nie, maar ook deur die hermeneutiese inhoud daarvan. Deur ‘n vergelykende analise tussen ‘n voorbeeld van wat ek as letterlike ikonografie beskou en ‘n voorbeeld van figuurlike ikonografie, ondersoek ek twee uiteenlopende metodes waardeur religieus-geïnspireerde ikonografie werksaam kan wees in die konstruksie van visuele tekste. Die twee voorbeelde bestaan uit die evangeliese plakkaat Die Smal en Breë Weg en Willem Boshoff se Bread-and-Pebble Road Map (2004).

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/20191
This item appears in the following collections: