A skopos-based analysis of Breytenbach’s Titus Andronicus

Date
2012-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Breyten Breytenbach's Afrikaans translation of William Shakespeare's Titus Andronicus is a little known member of the corpus of Afrikaans Shakespeare plays. Published without annotations in South Africa in 1970 and performed in Cape Town in the same year, it has never been performed again and the text has attracted no academic review or led to any subsequent editions. However, situated in 1970 in the heyday of the Apartheid regime, the play's production broke attendance records in Cape Town and was accompanied by substantial public controversy. In this thesis, the author analyses Breytenbach's translation in order to determine whether the translator had an ideological agenda in performing the translation. The analysis is based on a preliminary discussion of culture and ideology in translation, and then uses the Skopostheorie methodology of Hans J. Vermeer (as developed by Christiane Nord) to assess the translation situation and the target text. The target text has been analysed on both a socio-political and microstructural level. The summary outcome of the analysis is that the translator may possibly have tried to promote an anti-Apartheid ideology by translating the play. The outcome is based on several contextual factors such as the socio-political situation in South Africa in which the translated play was published and performed, the translator's stated opposition to the Apartheid system, the choice of Titus Andronicus for translation and production, and to a lesser extent the level of public controversy that accompanied the target text's production in the theatre.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Breyten Breytenbach se Afrikaanse vertaling van William Shakespeare se Titus Andronicus is 'n min bekende eksemplaar van die versameling Shakespeare toneelstukke in Afrikaans. Dit is sonder enige annotasies in 1970 in Suid-Afrika uitgegee, en is dieselfde jaar in Kaapstad opgevoer. Sedertdien is dit nooit weer opgevoer nie, en die teks het geen akademiese kritiek ontlok nie. Die teks is ook nooit weer herdruk nie. Maar in 1970, tydens die toppunt van die Apartheidregime, het hierdie toneelstuk se opvoering bywoningsrekords oortref en dit is deur aansienlike openbare omstredenheid gekenmerk. In dié tesis ontleed die skrywer Breytenbach se vertaling om te bepaal of die vertaler 'n ideologiese agenda in die vertaling van die toneelstuk gehad het. Die ontleding word op 'n voorlopige bespreking van kultuur en ideologie in die vertaalproses gegrond, en maak dan gebruik van die Skopostheorie van Hans J. Vermeer (soos verwerk deur Christiane Nord) om die omstandighede ten tyde van die vertaalproses sowel as die doelteks self te ontleed. Die doelteks is op sowel sosiaalpolitiese as mikrostrukturele vlak ontleed. Die samevattende uitkoms van die ontleding is dat die vertaler moontlik 'n anti-Apartheid ideologie probeer bevorder het deur hierdie toneelstuk te vertaal. Hierdie uitkoms is gegrond op verskeie samehangende faktore, soos die sosiaalpolitiese omstandighede in Suid-Afrika waarin die toneelstuk uitgegee en opgevoer is, die vertaler se vermelde teenkanting teen die Apartheidstelsel, die keuse van Titus Andronicus vir vertaling en opvoering, en tot 'n mindere mate die vlak van openbare omstredenheid wat gepaard gegaan het met die doelteks se opvoering in die teater.
Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2012.
Keywords
Titus Andronicus, Shakespeare, William, 1564-1616 -- Translations into Afrikaans, Breytenbach, Breyton -- Criticism and interpretation, Shakespearian plays, Translating and interpreting, Dissertations -- Afrikaans and Dutch, Theses -- Afrikaans and Dutch, Dissertations -- Afrikaans language, Theses -- Afrikaans language
Citation