Continued development of a joint-type knee wear simulator

Van Der Merwe, Johan (Stellenbosch : Stellenbosch University, 2012-03)

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: This thesis is concerned with the continued development of the Stellenbosch University joint-type knee wear simulator. Initially, information regarding simulators from the literature and commercial entities was collected to provide a knowledge base for current and future work. To further the design of the simulator itself, electronic hardware and software subsystems was developed and evaluated during experimental testing procedures. National Instruments’ cDAQ 9174 data acquisition unit was deemed inadequate for real-time inputoutput control, though proved sufficient for signal capturing purposes in conjunction with LabView software. Furthermore, the various servo-pneumatic sub-circuits’ individual ability to conform to the ISO 14243 series standards’ protocol led to the estimation of measurable performance criteria and the application to a single circuit for illustration. The anterior/posterior actuation circuit in question demonstrated adequate performance for the cases where the piston’s rod was respectively fixed and free to move. In-silico modelling and identification of the relevant servo-pneumatic components then commenced, with the valve and cylinder chamber models yielding adequate estimates of the recorded data. The identified quasi-static friction model proved sensitive to transient effects present within the system, resulting in performance deterioration of the integrated model. Sufficiently accounting for these effects would result in the emergence of the sub-circuit’s model as an invaluable tool in terms of control system development, prediction of the simulator’s behaviour and subsequent design recommendations. Future work therefore concerns improvement, identification and integration of the various sub-circuit models to fully exploit the aforementioned advantages.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie tesis handel oor die voortgesette ontwikkeling van Universiteit Stellenbosch se gewrigstipe knie-afslytingsimulator. Aanvanklik is inligting versamel vanaf literatuur en kommersiële entiteite om sodoende ’n kennisbasis te verskaf vir huidige en toekomstige werk. Elektroniese hardeware en sagteware stelsels is ontwerp en geëvalueer tydens toetsprosedures om die ontwerp van die simuleerder self te verbeter. National Instruments se cDAQ 9174 dataversamelaarseenheid word onvoldoende geag vir intydse inset-uitset beheer, maar wel vir dataversamelingsdoeleindes tesame met LabView sagteware. Die nodigheid om die verskeie servo-pneumatiese sub-stroombane se individuele vermoë om aan te pas by die ISO 14243-reeks se protokol-standaarde te ondersoek, het gelei tot die beraming van meetbare werkverrigtingskriteria en die toepassing daarvan ter illustrasie. Die anterior/posterior stroombaan het voldoende werksverrigting getoon vir studies waar die suier se stang onderskeidelik vas en los was. In-silico modellering en die identifisering van servo-pneumatiese komponente het hierna begin. Die klep en silinderkamer modelle het voldoende skattings gelewer van die gemete data. Die geïdentifiseerde kwasistatiese wrywingsmodel het sensitiwiteit getoon teenoor die oorgangseffekte teenwoordig in die stelsel wat gelei het tot verminderde werksverrigting van die geïntegreerde model. Deur rekening te hou met sulke effekte kan die sub-stelsel se model waardevol wees sover dit beheerstelsel ontwikkeling aangaan, sowel as die voorspelling van die simuleerder se optrede en die daaropvolgende ontwerpsvoorstelle. Toekomstige navorsing kan fokus op die verbetering, identifikasie en integrasie van die verskeie sub-stroombaan modelle om die voorafgenoemde potensiaal ten volle ontgin.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/19953
This item appears in the following collections: