Knowledge and use of traditional medicinal plants by the Setswana-speaking community of Kimberley, Northern Cape of South Africa
Date
2007-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The majority of South Africans still depend on the use of traditional remedies, as these
are sometimes the only types of health care systems available, especially within rural
communities. South Africa comprises approximately 400 000 traditional healers and an
estimated 60 to 80% of individuals consulting such traditional healers. As a result, the
over-harvesting of many traditional medicinal plants has become a threat to the country’s
species diversity and has resulted in the scarcity of certain medicinal plant species.
The non-sustainable use of traditional medicinal plants stems from their intense
harvesting from the wild to supply the high demands from urban and rural markets. As a
result of the escalating population growth rate; high rural unemployment; and
fundamental value attached to traditional medicinal plants (socio-economic factors), the
national and regional trade of traditional medicines is currently higher than it has ever
been. Another reason for the increased threat to traditional medicinal plants is the
degradation and weakening of customary laws that have previously regulated such
resources.
This study focuses on the use of traditional medicinal plants by the Setswana-speaking
community for self-medication and as a form of primary health care. Research was
conducted in Kimberley, Northern Cape of South Africa and focuses on the issue of the
sustainability of medicinal plant use in the area, specifically on use and users as well as
the acquisition of material sold by a single trader and harvesting techniques. This is to
determine whether harvesting of medicinal plants is a potential threat to plant
communities in the area. To address the shortcomings of medicinal anthropology the
study also investigates the impacts of relocation and resettlement of various communities
in the area, on plant use, methods of collection, the sustainability of the natural resource,
as well as the transmission of Setswana indigenous knowledge inter-generationally.
most abundant under high disturbances. Certain species reacted positively to disturbance
and were most abundant in disturbed habitats. These included Elephantorrhiza
elephantina and a Helichrysum sp.
To minimise destructive harvesting in the Kimberley area and to ensure the sustainable
harvesting of plant material, it is important that local harvesters are educated on proper
harvesting techniques and that local gatherers are educated on sustainability issues as
well as other ecologically fundamental issues.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die meeste Suid-Afrikaners is steeds afhanklik van tradisionele geneesmiddels aangesien dit soms, veral in landelike gemeenskappe, die enigste beskikbare gesondheidsorg is. Suid-Afrika het sowat 400 000 tradisionele geneeshere wat deur ’n geraamde 60% tot 80% van individue geraadpleeg word. As gevolg hiervan hou die oorontginning van talle tradisionele medisinale-planthulpbronne ’n bedreiging vir die land se spesiediversiteit in en het dit reeds tot ’n skaarste aan sekere medisinale plante gelei. Tradisionele medisinale plante word tans nievolhoubaar aangewend aangesien dit op groot skaal in die veld geoes word om in die groot vraag van stedelike en landelike markte te voorsien. As gevolg van die stygende bevolkingsgroeikoers, hoë landelike werkloosheidsyfer en die grondliggende waarde wat aan tradisionele medisinale plante geheg word (sosio-ekonomiese faktore), is die nasionale en streekhandel in tradisionele geneesmiddels tans groter as ooit tevore. Nog ’n rede vir die toenemende bedreiging van tradisionele medisinale plante is die verslapping en versagting van gewoonteregwetgewing wat voorheen sodanige hulpbronne gereguleer het. Hierdie studie fokus op die gebruik van tradisionele medisinale plante deur die Setswanagemeenskap vir selfbehandeling en as ’n vorm van primêre gesondheidsorg. Die navorsing vir die studie is in Kimberley in die Noord-Kaapprovinsie van Suid-Afrika gedoen en fokus op die kwessie van volhoubare medisinale-plantgebruik in die gebied, met bepaalde klem op gebruik en gebruikers, die verkryging van middels wat deur ’n enkele handelaar verkoop word, en oestegnieke. Die doel van die navorsing was om te bepaal of die oes van medisinale plante ’n moontlike bedreiging vir plantgemeenskappe in die gebied inhou. Om die tekortkominge van medisinale antropologie aan te pak, ondersoek die studie ook die uitwerking van die verskuiwing en hervestiging van verskeie gemeenskappe in die gebied op plantgebruik, oesmetodes, die volhoubaarheid van die natuurlike hulpbronne, asook die oordrag van inheemse Setswana-kennis oor geslagte heen. Selfbehandeling en die gebruik van tradisionele medisinale plante speel steeds ’n groot rol in Kimberley, aangesien die meeste van die individue wat aan die navorsing deelgeneem het steeds tradisionele geneesmiddels as deel van hulle kultuur en tradisie gebruik. Daar word in ’n uiteenlopende verskeidenheid plantmateriaal handel gedryf. Hoewel sommige van die middels plaaslik ingesamel word, word die meeste van ander dele van die land, en in party gevalle van buurlande soos Lesotho en Swaziland, ingevoer. Hoewel die meeste van die materiaal dus nie plaaslik ingesamel word en dus nie bepaald op hierdie studie betrekking het nie, is dit steeds aanduidend van oes- en volhoubaarheidskwessies in ander dele van die land. Die kruiekenner dryf in sewentig tradisionele medisinale-plantsoorte handel, waarvan party beskermd en erg bedreig is, waaronder Prunus africana en Warburgia salutaris wat slegs in beskermde gebiede in die land voorkom. Prunus africana is ’n gelyste spesie in CITES, aanhangsel 2. Ander bedreigde spesies sluit Ocotea bullata, Bersama lucens, Curtisia dentata en ’n Eugenia-spesie in. Die meeste van die plante wat (in Kimberley) geoes word, is in die vorm van ondergrondse bergingsorgane (uitlopers en bolle). Hoewel hierdie plante van stingelskade en die skade aan ondergrondse bergingsorgane kan herstel, vat hulle swak pos indien hulle oorgebruik en oorontgin word, en kan hulle dus mettertyd al hoe minder voorkom. In hierdie studie word die mettertydse afname in plantbevolkings deur die toename in reisafstande na insamelingspunte aangetoon. Hierdie tendens is egter nie in die handelsprys en -materiaalhoeveelhede oor die afgelope eeu weerspieël nie. Die meeste van die studiedeelnemers het bevestig dat die prys en hoeveelheid van die handelsmateriaal deurentyd betreklik stabiel gebly het. Van die teikenspesies wat vir kwesbaarheid of sensitiwiteit vir ontwrigting ondersoek is, het Withania somnifera, Boophane disticha, Dicoma anomala en Bulbine natalensis die laagste oorlewingspotensiaal en die hoogste ontwrigtingsensitiwiteit getoon. Die meeste van hierdie spesies het in baie klein hoeveelhede op die gekose terreine voorgekom. In die geval van Withania somnifera kon die negatiewe resultate egter met die laereënvalseisoen gedurende daardie betrokke jaar in verband gebring word. Hierdie spesie word oor die algemeen as ’n onkruid in ontwrigte gebiede geklassifiseer en kom meestal onder erg ontwrigte toestande voor. Sekere spesies, soos Elephantorrhiza elephantina en ’n Helichrysum-spesie, het positief op ontwrigting gereageer en het volop in ontwrigte habitatte voorgekom. Om vernietigende oestery in die Kimberley-omgewing te minimaliseer en die volhoubare ontginning van planthulpbronne te verseker, is dit belangrik dat plaaslike plukkers in gepaste oestegnieke, en plaaslike insamelaars oor volhoubaarheidskwessies en ander ekologies belangrike sake opgelei word.

Description
Thesis (MSc)--University of Stellenbosch, 2007.
Keywords
Materia medica, Vegetable -- South Africa -- Kimberley, Medicinal plants -- South Africa, Traditional medicine -- South Africa -- Kimberley, Tswana (African people) -- Medicine -- South Africa -- Kimberley, Tswana (African people) -- Ethnobotany -- South Africa -- Kimberley, Theses -- Ecological assessment, Dissertations -- Ecological assessment