Complexity and leadership : conceptual and competency implications

Ronn, Harald (2011-12)

Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2011.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Globalisation, rapid changes in technology, and demographic trends are all important factors that contribute to conditions that require adaptive capacity in military organisations. The context of a majority of military operations is often asymmetric with blurred boundaries, and military organisations are expected to master a wide range of operations from humanitarian disaster relief to more regular warlike situations in a joint- and multinational framework. The complexity of the challenges facing military leaders in contemporary and future operations makes it relevant to develop a meta-competency model for leadership in complex military systems, which is the main purpose of this dissertation. A Complexity Approach represents a shift from a set of conservative laws to a perception of the world as an open and highly dynamic system, and some characterise complexity as a bridge between modernism on the one hand and post-modernism on the other. Complexity and complex systems have a number of characteristics, some of them being a large number of short-ranged interactions that are dynamic, non-linear and fairly rich. Another significant feature of complexity is the emphasis on emergent patterns that are codetermined through a dynamic process between the history of the system and the interaction with its local environment. Leadership in complex systems might be described by the dynamics of emergence, not merely by incremental influence, and increasingly considered to be a collective social phenomenon. A complexity-oriented leader acts as an enabler of a rich identity interacting in richly constrained play of difference, facilitating “bounded” individual and systemic adaptive capacity. The reigning paradigm in military organisations, however, are closely linked to an autocratic and bureaucratic structure and a fundamental quest for control, equilibrium and stability, all of which are deeply embedded in Newtonian Principles of linearity, reductionism and determinism. The investigation of empirical research on Norwegian Military Officers and the Norwegian Armed Forces reveal a considerable amount of homogenous force substantiating stability and control, at the same time as complexity and uncertainty are acknowledged. This dissertation argues that the definition of competencies as “an underlying characteristic of an individual that is causally related to effective and/or superior performance in a job or situation”, is not suitable for a complexity understanding and proposes competencies to be defined as “interconnected underlying characteristics of an individual or system, which through a dynamic and non-linear process of interaction between local agents and the environment contribute to the emergence of identifiable or unidentifiable patterns of individual or systemic behaviour”. Based on a synthesis of a non-empirical literature study, empirical research and a modelbuilding study, this dissertation suggests that heterogeneity of degree, androgynousity, cognitive flexibility, ethical reasoning, cross-cultural competence, intuition, identity and courage, are necessary meta-competencies for leadership in complex military systems. It is further argued that these meta-competencies must be interpreted as interconnected and interdependent, and the metaphor of a cloud is therefore presented as a suitable image of the intricate dynamics of complexity.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Globalisering, vinnige veranderinge in tegnologie en demografiese tendense is belangrike faktore wat bydra tot toestande wat aanpassingsvermoë in militêre organisasies vereis. Die konteks waarin ’n meerderheid militêre operasies hul bevind is dikwels asimmetries met onduidelike grense, en daar word van militêre organisasies verwag om ’n wye verskeidenheid krygsverrigtinge van humanitêre rampverligting tot meer gereelde oorlogsugtige omstandighede in ’n gesamentlike en multinasionale kader te bemeester. Die kompleksiteit van die uitdagings waarvoor militêre leiers te staan kom in huidige en toekomstige krygsverrigtinge is dit gepas om ’n meta-bevoegdheidsmodel vir leierskap in komplekse militêre stelsels te ontwikkel, wat die belangrikste doel van hierdie tesis is. ’n Kompleksiteitbenadering verteenwoordig ’n verskuiwing van ’n stel konserwatiewe wette na ’n waarneming van die wêreld as ’n oop en hoogsdinamiese stelsel, en kompleksiteit word soms gekenmerk as ’n brug tussen modernisme aan die een kant en die post-modernisme aan die ander. Kompleksiteit en komplekse stelsels het ’n aantal kenmerke, waarvan sommige van hulle ’n groot aantal kortafstandinteraksies wat dinamiese, nie-lineêre en redelik ryk is. Nog ’n belangrike kenmerk van kompleksiteit is die klem op die ontluikende patrone wat vasgestel word deur middel van beide ’n dinamiese proses tussen die geskiedenis van die stelsel en die interaksie met die plaaslike omgewing. Leierskap in komplekse stelsels kan beskryf word deur die dinamika van verskyning, nie net deur inkrementele invloed nie, en al hoe meer beskou as ’n kollektiewe sosiale verskynsel. ’n Kompleksiteitgeoriënteerde leier dien as ’n instaatsteller van ’n ryk identiteit wat wisselwerking uitoefen in streng beperkte verskilspel, wat “begrensde” individuele en sistemiese aanpassingsvermoë fasiliteer. Die huidige paradigma in die militêre organisasies word egter nou gekoppel aan ’n outokratiese en burokratiese struktuur, en ’n fundamentele soektog vir beheer, ewewig en stabiliteit, waarvan almal diep in Newtoniaanse Beginsels van lineariteit, reduksionisme en determinisme vasgelê is. Die ondersoek van empiriese navorsing oor die Noorse Militêre Offisiere en die Noorse Weermag openbaar ’n aansienlike aantal homogene mag wat stabiliteit en beheer staaf, terselfdertyd as wat kompleksiteit en onsekerheid erken word. Hierdie tesis is van mening dat die definisie van vaardighede as “’n onderliggende eienskap van ’n individu wat oorsaaklik verwant is aan doeltreffende en/of superieure prestasie in ’n beroep of situasie”, nie geskik is vir ’n kompleksiteitbegrip nie en stel voor dat vaardighede gedefinieer word as “onderling verbinde onderliggende eienskappe van ’n individu of stelsel, wat deur middel van ’n dinamiese en nie-lineêre proses van interaksie tussen plaaslike agente en die omgewing bydra tot die verskyning van identifiseerbare of nie-identifiseerbare patrone van individuele of sistemiese gedrag”. Gebaseer op ’n sintese van ’n nie-empiriese literatuurstudie, empiriese navorsing en ’n bou van modelle studie, stel hierdie tesis voor dat die heterogeniteit van graad, androgienisme, kognitiewe buigsaamheid, etiese beredenering, kruis-kulturele bevoegdheid, intuïsie, identiteit en moed, nodige meta-vaardighede vir leierskap in komplekse militêre stelsels is. Dit voer verder aan dat hierdie meta-vaardighede vertolk moet word as onderling verbinde en onderling afhanklik is, en die metafoor van ’n wolk word dus voorgestel as ’n geskikte beeld van die ingewikkelde dinamika van kompleksiteit.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/17889
This item appears in the following collections: