The location shall be called Kaya Mandi : a history of Kaya Mandi

Date
2011-12
Authors
Rock, David
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Throughout South Africa there has been a greater emphasis on township history in recent years. However little has been written about the townships of the Western Cape. This research about the history of Kaya Mandi is subsequently one of the first of its kind and provides unique insights into a world that has not garnered much attention. Due to the fact that there has been little research done on the subject, a considerable amount of information was gathered through archival research. Additionally, oral testimonies of individuals who, in some cases, have lived their entire lives in Kaya Mandi have been invaluable. Books, theses and articles were primarily used as guidelines to provide additional context and understanding within the greater picture of South African history. The only exception was the use of the master.s thesis, Bantoegesinne in Kaya Mandi, done by Cornelia Drotske in 1956 which provided information from that period. As a result of this research the history of Kaya Mandi may be regarded as much more complex then had previously been assumed. Kaya Mandi has not just been a passive location in the Western Cape subject to the whims of those in power. Instead, they struggled to maintain their culture and often their very existence. At times this meant a battle between the people and the local government and other times it meant a battle from within, between the different segments of Kaya Mandi itself. Researching the history of Kaya Mandi provided an understanding of how it came to be what it is today. It also gave a deeper comprehension of the current issues and situations facing the people. This is especially important for making informed decisions regarding necessary development and expansion. Overall Kaya Mandi is a microcosm of township life in the Western Cape and the current research has highlighted the complexity of these communities and the necessity for further research.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Oor die afgelope paar jaar is daar regoor Suid-Afrika groter klem op die geskiedenis van townships. Daar is egter min geskryf oor die townships van die Wes-Kaap. Hierdie tesis oor die geskiedenis van Kaya Mandi is gevolglik een van die eerstes van sy soort en bied 'n unieke insig in 'n wêreld wat nie voorheen veel aandag gekry het nie. As gevolg van die min navorsing oor die onderwerp, is 'n groot deel van die inligting ingesamel deur argivale navorsing. Daarbenewens was die mondelinge getuienisse van individue wat, in sommige gevalle, feitlik vanaf die begin van Kaya Mandi daar geleef het van onskatbare waarde. Boeke, tesisse, en artikels is hoofsaaklik gebruik as riglyne om bykomende konteks en begrip binne die groter prentjie van die Suid-Afrikaanse geskiedenis te verskaf. Die enigste uitsondering is die gebruik van die M-tesis van 1956, Bantoegesinne in Kaya Mandi deur Cornelia Drotské, wat 'n groot hoeveelheid inligting uit daardie tydperk verskaf het. Uit die navorsing het dit geblyk dat die geskiedenis van Kaya Mandi baie meer kompleks is as wat voorheen veronderstel is. Kaya Mandi was nie net 'n passiewe lokasie in die Wes-Kaap, onderdanig aan die grille van diegene in beheer nie. In teendeel, hulle het gesukkel om hulle manier van lewe, hul kultuur en, in sommige gevalle, hul voortbestaan in stand te hou. Soms was dit 'n stryd tussen die inwoners en die plaaslike regering en ander kere was dit ' n stryd tussen die verskillende segmente van binne Kaya Mandi. Hierdie ondersoek oor die geskiedenis van Kaya Mandi bied meer insig oor hoe dit ontwikkel tot wat dit vandag is. Dit gee ook 'n dieper begrip van die huidige probleme en situasies wat die mense in die gesig staar. Dit is veral belangrik om ingeligte besluite te neem met betrekking tot noodsaaklike ontwikkeling en uitbreiding. Grootliks is Kaya Mandi in baie opsigte 'n mikrokosmos van die township-lewe in die Wes-Kaap. Die huidige ondersoek belig die kompleksiteit van hierdie gemeenskappe en die noodsaaklikheid van verdere navorsing.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2011.
Keywords
Kayamandi (Stellenbosch, South Africa) -- History, Theses -- History, Dissertations -- History
Citation