The impact of the National Qualifications Framework on Higher Education with specific reference to access, teaching and learning : a case study

Date
2005-04
Authors
Matentjie, Tshepiso
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study was to investigate the impact of the NQF on higher education institutions focussing specifically on access, teaching and learning. The study aimed to answer the following research questions: What was the impact of the NQF on increasing access to higher education? In particular how did the RPL process facilitate access into the University of Pretoria? Secondly, how did the NQF influence the processes of teaching and learning at this particular institution? And finally, why did the NQF have differential impacts on different faculties within the same higher education institution? To gain the end-users’ perspective, a case study of the University of Pretoria was conducted. Data was gathered using interviews with ten senior members of staff at the university working in nine different departments, and student records indicating admissions through RPL into the University of Pretoria as well as relevant institutional documents. The findings suggest that the impact of the NQF on access, teaching and learning differed across departments, resulting in a partial implementation of the policy. This was facilitated by factors inherent in the policy itself and factors inherent to the institution. The influence of external factors such as professional bodies on teaching and learning practices of end-users at the University of Pretoria posed a major challenge against NQF implementation. The motivations leading to NQF implementation are not directly linked to the NQF policy per se, although they resulted in portraying the extent of change to access, teaching and learning along a continuum that distinguished between departments that ‘blindly complied’, that selectively adapted and those that strategically avoided implementation of the policy. Indications for further research are that a wider look at the impact of the NQF on access, teaching and learning in higher education is less revealing than a more focussed investigation. Future research should zoom-in on individual departments within higher education institutions to reveal the deeper and more nuanced impact of the NQF.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is om die impak van die NKR (NQF) op veral toegang, onderrig en leer in hoër onderwysinstellings te ondersoek. Die studie poog om die volgende navorsingsvrae te beantwoord: Watter impak het die NKR op toenemende toegang tot hoër onderwys? Hoe fasiliteer die EVL-proses ("RPL process") toegang tot die Universiteit van Pretoria? Hoe beïnvloed die NKR die onderrig- en leerproses aan hierdie spesifieke instelling? Ten slotte, waarom het die NKR 'n differensiële invloed op verskillende fakulteite binne dieselfde hoër onderwysinstelling? Ten einde die uiteindelike gebruiker se perspektief te bepaal, is 'n gevallestudie aan die Universiteit van Pretoria uitgevoer. Data is ingesamel uit onderhoude met tien senior personeellede wat in nege verskillende departemente werk, studenterekords aangaande toelating tot die Universiteit van Pretoria deur EVL, en ook relevante institutêre dokumente. Die bevindinge impliseer dat die impak van die NKR op toegang, onderrig en leer van departement tot departement verskil en dat dit lei tot 'n gedeeltelike implementering van die beleid. Dié verskil is aangehelp deur faktore wat inherent is aan die beleid, maar ook faktore inherent aan die instelling. Die invloed wat eksterne faktore soos professionele liggame op die onderrig- en leerpraktyke van finale gebruikers aan die Universiteit van Pretoria het, is 'n groot struikelblok vir die implementering van die NKR. Motiverings wat lei tot die implementering van die NKR is nie noodwendig aan die NKR-beleid gekoppel nie, alhoewel dit daartoe gelei het dat die mate van verandering in toegang, onderrig en leer op 'n kontinuum aangedui is. Hierdie kontinuum onderskei tussen departemente wat die beleid "blindelings navolg", ander wat dit selektief aanpas en nog ander wat die implementering van die beleid strategies vermy. Aanduidings vir verdere navorsing is dat 'n breë ondersoek van die NKR se impak op toegang, onderrig en leer in hoër onderwys minder beduidend is as 'n meer spesifieke ondersoek. Toekomstige navorsing behoort te fokus op individuele departemente binne hoër onderwysinstellings ten einde 'n indringender en meer genuanseerde impak van die NKR te bepaal.
Description
Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2005.
Keywords
University of Pretoria -- Administration -- Evaluation, Higher education and state -- South Africa -- Case studies, Universities and colleges -- Accreditation -- South Africa -- Pretoria -- Case studies, Educational change -- South Africa, National Qualifications Framework for Higher Education (NQF), Recognition of Prior Learning (RPL), Theses -- Curriculum studies, Dissertations -- Curriculum studies, Theses -- Education, Dissertations -- Education
Citation