Tienermoeders se perspektiewe oor ondersteuning : die stemme van ses tienermoeders uit 'n benadeelde gemeenskap

Date
2004-12
Authors
Nel, Elizette
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study was undertaken to investigate the perspectives of a group of teenage mothers from a disadvantaged community, on their need for support and suggestions for a community support programme. This study forms part of a community support project in which the Department of Educational Psychology of the University of Stellenbosch is currently involved. The findings of this study will be applied to plan effective interventions for teenage mothers. I made use of a qualitative research design and approached the study from an interpretive paradigm to gain insight in and an understanding of the participants’ perspectives. The focus group interview was my primary method of research. The data generated by six focus group interviews were verified through individual interview data. I also used a biographical questionnaire to obtain background information from each participant. Furthermore, I made comprehensive notes on my personal reflections and observations about the research process, and this became part of the research data. Through the process of data analysis, seven themes were identified. These themes are: material support; financial support; contact between the father and his child(ren); knowledge, advice and information; emotional support; practical support and access to employment. The participants also made suggestions for a support programme. The findings of the study indicate that programmes aimed at job creation, the accessibility of the government grant and support groups in the community could lead to enhanced support for teenage mothers.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie is onderneem om 'n groep tienermoeders uit 'n benadeelde gemeenskap se perspektiewe oor ondersteuning te ondersoek, veral ten opsigte van hulle behoeftes aan ondersteuning en hulle voorstelle vir 'n gemeenskapsondersteuningsprogram. Die studie vorm deel van 'n gemeenskapsondersteuningsprojek waarby die Departement Opvoedkundige Sielkunde van die Universiteit Stellenbosch tans betrokke is. Die bevindinge van die studie sal aangewend word om effektiewe intervensies vir tienermoeders te beplan. Ten einde insig en begrip vir die deelnemers se perspektiewe te ontwikkel, het ek van 'n kwalitatiewe navorsingsontwerp gebruik gemaak en die studie vanuit 'n interpretivistiese paradigma benader. My primêre metode van ondersoek was ses fokusgroeponderhoude. Die data wat op hierdie manier gegenereer is, is deur middel van individuele onderhoude geverifieer. Ek het ook gebruik gemaak van 'n biografiese vraelys om agtergrondinligting oor elke deelnemer te verkry. Omdat ek binne ‘n kwalitatiewe navorsingsproses werk, was my persoonlike refleksies en waarnemings deel van die navorsingsproses. Deur middel van die proses van data-analise het sewe temas uit die data na vore gekom. Die volgende temas is geïdentifiseer: materiële ondersteuning; finansiële ondersteuning; kontak tussen die pa en sy kind(ers); kennis, raad en inligting; emosionele ondersteuning; praktiese hulp en toegang tot werk. Die deelnemers het ook voorstelle vir 'n ondersteuningsprogram gemaak. Die bevindinge van die studie dui daarop dat programme ten opsigte van werkskepping, die toeganklikheid van die staatstoelaag en ondersteuningsgroepe in die gemeenskap moontlik tot groter ondersteuning van tienermoeders sal bydra.
Description
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2004.
Keywords
Community-based social services -- South Africa -- Western Cape, Unmarried mothers -- Social networks -- South Africa -- Western Cape, Teenage mothers -- Social networks -- South Africa -- Western Cape, Social work with teenagers -- South Africa -- Western Cape, Dissertations -- Education, Theses -- Education
Citation