Modular approach to the development of a two-way radio receiver system

Kellerman, Valpre Cecilia (2004-12)

Thesis (MScIng)--University of Stellenbosch, 2004.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The preliminary development of a FM radio receiver module is discussed. An existing narrowband system operating between 48MHz and 50MHz will be replaced. Digital components were investigated, compared and used with analogue techniques to build a more flexible two-way radio receiver system. A direct digital synthesizer was considered as a replacement for the current synthesized phased lock loop local oscillator and much attention was given to the local oscillator and mixer design, characteristics and measurement procedures. A detailed study of receiver systems was undertaken to determine the specifications needed for every receiver component to achieve satisfactory receiver performance in the end. Receiver characteristics as well as receiver measurement procedures are defined. A software tool was developed to aid the design process, establishing computationally whether the receiver specifications are met prior to the final design. The complete design process, from fundamental specifications through to the developed final receiver module is discussed. A modular design approach was used to guarantee easy manufacturing, substitution and testing. This approach comprises the break-down of the receiver into well defined components that are each matched to 50O. The separate components of the system were designed, measured and characterized to make it possible to replace only a single component instead of the entire system when a part becomes redundant.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Die grondslag vir die ontwikkeling van ‘n FM radio ontvanger module word in hierdie dokument gelê. ‘n Bestaande noubandstelsel wat tussen 48MHz and 50MHz ontvang word vervang deur hierdie nuwe stelsel wat aangewend sal kan word in die bestaande tweerigtingradio se omhulsel. Digitale komponente is ondersoek, vergelyk en gebruik saam met analoogtegnieke om ‘n meer buigsame radiostelsel te bewerkstellig. ‘n Direkte digitale sintitiseerder is oorweeg as ‘n vervanging vir die huidige fasesluitlus ossillator met heelwat klem op die oscillator-en mengerontwerp, komponent spesifikasies en metingsprosedures. ‘n Diepgaande studie van ontvangerstelsels is gedoen om te bepaal wat die tipiese spesifikasies vir elke ontvangerstadium is, sodat die finale ontvanger se spesifikasies behaal kan word. Ontvanger eienskappe en meetprosedures word volledig gedefinieer. ‘n Sagtewareprogram is ontwikkel om die ontvanger-ontwerpsproses te vergemaklik deur vooraf te kan vasstel watter ontvangerspesifikasies bereik sal kan word al dan nie. Die volledige ontwerpsproses, vanaf fundamentele spesifikasies tot by die finale ontvanger word omskryf. ‘n Modulere-ontwerp prosedure is gebruik ter versekering van die maklike vervaardiging, vervanging en toetsing van elke komponent. Die radio is tydens ontwerp opgebreek in boublokkies wat elkeen aangepas word na 50O. Elke aparte boublokkie van die ontvangerstelsel is afsonderlik ontwerp, gemeet en volledig gespesifiseer om dit moontlik te maak om slegs een komponent te vervang in plaas van die hele stelsel wanneer ‘n enkele komponent nie meer beskikbaar is nie.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/16362
This item appears in the following collections: