Abstract:
Ofskoon relatief min navorsing nog oor gesinsveerkragtigheid gedoen is, het navorsers soos McCubbin en McCubbin
(1996) en Walsh (2003) uitgebreide teorieë ontwikkel wat met vrug deur navorsers gebruik kan word. Hier word
’n kort oorsig gegee van gepubliseerde ondersoeke na aspekte van gesinsveerkragtigheid in verskillende
gesinspopulasies in Suid-Afrika. Bevindinge dui daarop dat sekere eienskappe meestal teenwoordig is om gesinne
in staat te stel om by ’n krisis aan te pas. Ander eienskappe blyk weer meer van belang te wees wanneer die
bepaalde krisis of die tipe gesin dit vereis. Ten slotte word aanbevelings vir toekomstige navorsing gemaak.