Leadership and democratisation : the case of Nelson Mandela in South Africa and Kim Dae-Jung in South Korea

Jeong, Young-Yun (Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2004-12)

Dissertation (PhD)--University of Stellenbosch, 2004.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Since the late 1940s, South Africa and South Korea were ruled by authoritarian governments, which oppressed the people’s freedom and rights. The governments created the deeply divided societies that resulted in racism in South Africa and regionalism in South Korea. These similarities may have played a major role in allowing Nelson Mandela and Kim Dae-jung to develop strong emotional bonds with their followers and to articulate their visions for the future. The two leaders, Nelson Mandela and Kim Dae-jung, fought for freedom and human rights against the apartheid government in South Africa and military dictatorial government in South Korea. During these processes of democratisation, the two leaders displayed common transformational and social learning leadership styles and presented their visions of the end of the authoritarian regimes and the establishment of democracy; shared these visions with the people and encouraged and mobilised them in struggling together against authoritarian government. Subsequently, the two leaders’ transformational and social learning leadership styles provide a successful role model to countries in which there are conflicts between the constituents of the society, as in East Asia, Sub-Saharan Africa and Middle East; a desire for transformation towards democracy by the people, and where countries are confronted with new challenges.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Beide Suid-Afrika en Suid-Korea was sedert die laat 1940’s onder die bewind van outoritêre regerings met gepaardgaande onderdrukking van die mense se vryhede en regte. Dié regerings het diep-verdeelde gemeenskappe daar gestel wat in Suid-Afrika op rassisme en in Suid-Korea op regionalisme uitgeloop het. Hierdie ooreenkomste mag grootliks daartoe bygedra het dat beide Nelosn Mandela en Kim Dae-jung sterk emosionele verbintenisse met hul volgelinge kon ontwikkel en hul toekomsvisies kon artikuleer. Die twee leiers, Nelson Mandela en Kim Dae-jung, het onderskeidelik teen die apartheidsregering in Suid-Afrika en die militêre diktatuur in Suid-Korea geveg vir vryheid en menseregte. Gedurende hierdie demokratiseringsprosesse het die twee leiers gemeenskaplike transformasie en sosiale leer leierskapstyle openbaar, hulle visies oor die beëindiging van outoritêre regimes en die vestiging van demokrasie bekend gemaak en die mense aangemoedig tot en gemobiliseer vir strydvoering teen die outoritêre regerings. Gevolglik verskaf hierdie twee leiers se transformasie en sosiale leer leierskapstyle ‘n geslaagde rolmodel vir alle lande waar daar konflik binne gemeenskappe bestaan, soos in Oos-Asië, Suid-Sahara Afrika asook die Midde-Ooste; lande waar die mense smag na transformasie tot demokrasie en lande wat hulleself met nuwe uitdagings gekonfronteer vind.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/16058
This item appears in the following collections: