Optimised structural reliability as a basis for prestressed concrete design

Date
2022-10
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Prestressed concrete design is performed via the limit states design approach. The design of a prestress configuration for flexure is generally governed by the serviceability limit state of cracking. The crack control criterion is enforced in design by means of four stress inequality equations. These four inequalities delimit a domain of feasible prestress configurations which is illustrated graphically as the well-known Magnel diagram. The goal of this study is to assess the performance of this design procedure in the context of cost optimised structural reliability. Magnel diagrams are used extensively in this study. The diagrams depict the domain of feasible design configurations, over which the predicted reliability performance is mapped. A probabilistic analysis model is developed to evaluate the reliability and life cycle economy of a reference structure. A single span concrete girder bridge is selected as reference structure with composite prestressed concrete sections. The reference structure is designed for traffic loading for 15, 20 and 25m span lengths. This study focuses on the design guidelines as provided in the Eurocodes. Evaluation of the reliability performance of the prestressed concrete serviceability limit state design methodology finds that the partial factors and resistance factors provided in the Eurocodes results in sub-optimal reliability performance. The achieved reliability index varies over the Magnel diagram with reliability indices increasing away from the Magnel diagram boundaries. Taking into account the economic considerations associated with the life cycle costs of a prestressed element shows that the cost optimal design location within the Magnel diagram is at the maximum practical eccentricity, located at a distance from both the top and bottom Magnel diagram boundaries. Further, the study demonstrates that for a given beam profile and aspect ratio, an optimal beam profile size is attainable. The partial factors and resistance factors for prestressed concrete serviceability limit state design are not reliability-based, which results in the sub-optimal reliability performance. The reliability performance of these factors is contrasted against the reliability performance of a set of partial factors for serviceability limit state design of prestressed concrete elements calibrated using the design value method described by the Eurocodes in EN 1990:2002. The developed set of partial factors significantly improves the reliability performance along the boundaries of the Magnel diagram. However, limitations of the design value method for the serviceability limit state problem of prestressed concrete are highlighted. These shortcomings are treated by means of guidelines regarding the selection of a prestress force and configuration.
AFRIKAANS OPSOMMING:Ontwerp van spanbeton word uitgevoer deur middel van die limietstaat-ontwerp benadering. Oor die algemeen word die ontwerp van ‘n spanbeton-samestelling vir buiging deur die diensbaarheid limietstaat van kraakbeheer bepaal. Die kriteria van kraakbeheer word deur vier spanning-ongelykheidsvergelykings in ontwerp ge¨ımplementeer. Hierdie vier ongelykheidsvergelykings omgrens ’n domein van haalbare ontwerp-samestellings wat grafies soos die goed bekende Magnel-diagram voorgestel word. Die doel van hierdie navorsing is om die ontwerp-metodiek in die konteks van koste-optimale struktuur betroubaarheid te evalueer. Daar word Magnel-diagramme regdeur die navorsing gebruik. Die diagramme beeld die domein van haalbare ontwerp-samestellings uit, waaroor die beraamde betroubaarheid getoon word. ’n Waarskynliksheid analise-model word ontwikkel om die betroubaarheid en lewensiklus ekonomie van ’n verwysingstruktuur te evalueer. ’n Enkelspan betonbalk-brug met saamgestelde spanbetonseksies word as die verwysingstruktuur gekies en word vir verkeerslading vir 15, 20 en 25m spanlengtes ontwerp. Hierdie navorsing fokus spesifiek op die ontwerp riglyne wat deur die Eurokodes voorsien word. Die betroubaarheidsanalise van die spanbeton diensbaarheid limietstaat ontwerp-metodiek bevind dat die parsi¨ele- en weerstand faktore voorsien deur die Eurokodes tot sub-optimale betroubaarheid lei. Die behaalde betroubaarheidsindeks wissel oor die Magnel-diagram waar die betroubaarheidsindeks met afstand weg vanaf die grense van die Magnel-diagram toeneem. Deur die lewensiklus kostes van ’n spanbeton element in ag te neem, toon dat die koste-optimale ontwerppunt binne die Magnel-diagram by die maksimum praktiese eksentrisiteit is en op ’n afstand van beide die boonsteen onderste grense van die Magnel-diagram gele¨e is. Hierdie navorsing dui verder aan dat vir ‘n gegewe balkprofiel en aspekverhouding, ‘n optimale balkprofiel grootte bereikbaar is. Die parsi¨ele- en weerstand faktore vir spanbeton diensbaarheid limietstaat-ontwerp is nie gekalibreer volgens die teorie van struktuur betroubaarheid nie, wat tot die sub-optimale betroubaarheid van die ontwerp-metodiek lei. Die betroubaarheid van die metodiek wanneer die Eurokode faktore gebruik word, word in die navorsing gekontrasteer teen die betroubaarheid van die gebruik van ’n stel parsi¨ele faktore wat gekalibreer is vir die diensbaarheid limietstaat-ontwerp van spanbeton deur middel van die ontwerpwaarde metode wat deur die Eurokodes in EN 1990:2002 beskryf word. Die stel parsi¨ele faktore verbeter aansienlik die betroubaarheid langs die grense van die Magneldiagram. Beperkings van die ontwerpwaarde metode vir die diensbaarheid limietstaat probleem van spanbeton word uitgelig en hierdie tekortkominge word deur middel van riglyne rakende die keuse van ’n spanningskrag en eksentrisiteit behandel.
Description
Thesis (MEng) -- Stellenbosch University, 2022
Keywords
Prestressed concrete, Serviceability Limit State, Structural engineering, Concrete --Cracking, Maintainability (Engineering), UCTD
Citation