Educational support experiences of high school learners from single-parent families
Date
2022-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Adolescents have rich stories to tell of their experiences of educational support and the multitude of challenges they face. Regrettably, many of these adolescents have restricted platforms where they can share their experiences of support and describe the barriers they face. This has presented an opportunity to explore how high school learners experienced educational support within single-parent families in a low-socioeconomic community in the Western Cape of South Africa.
This research sought to shed light on the challenges and barriers that need to be navigated to prevent educational disengagement as well as the wide array of support adolescents experience which encourage academic success. Although numerous studies have been undertaken to research educational support internationally and from various stakeholders, it seems that there is inadequate research regarding educational support in the South African context, specifically, from the perspective of high school learners themselves.
The objective of the study was to analyse high school learners’ experiences and understanding of educational support through their educational journey while challenging the deficit view and under-valuing of single-parent homes compared to the traditional two-parent structure. To explore this topic, the study adopted a qualitative research approach. A bioecological framework was utilised, as the study focused on how the participants experienced educational support within multiple systems and how the interconnections between these systems may affect educational support and the challenges they may experience. The study was further underpinned by Bourdieu’s theory of capital and Yosso’s theory of community cultural wealth. A social constructivist paradigm was used to focus on the stories of the participants and how they experience their truth and make meaning of it. Purposive sampling was used to select
and a focus group interview. Furthermore, the data was analysed using thematic analysis.
The research findings indicate that adolescents navigate many challenges such as limited scholastic
resources, an unsafe community, poverty and single-parents who struggle to provide which often
results in limited quality time spent with the adolescent. However, they also experience
educational support which is multi-layered. They experience parents, teachers, friends, family and
community as support, as well as their own resilience and commitment to achieving educational
success. The findings show that single-parents supported their children in valuable ways which
included: being resourceful, being involved educationally and providing emotional support such as
motivating them to seek tertiary education and create better lives for themselves. The findings
therefore contribute to a growing body of literature relating to educational support and emphasised
the experiences and challenges of adolescents while acknowledging the valuable forms of support
from single-parents.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Adolessente het ryk stories om te vertel van hulle ervarings van opvoedkundige ondersteuning en die menigte uitdagings wat hulle in die gesig staar. Ongelukkig het baie van hierdie adolessente beperkte platforms waar hulle hul ervarings van ondersteuning en hindernisse wat hulle in die gesig staar, kan deel. Dit het ’n geleentheid gebied om ondersoek in te stel na hoe hoerskoolleerders opvoedkundige ondersteuning binne enkelouergesinne in ’n lae-sosio- ekonomiese gemeenskap in die Wes-Kaap van Suid-Afrika ervaar. Hierdie navorsing kan lig werp op die uitdagings en struikelblokke wat adolessente moet navigeer om opvoedkundige onbetrokkenheid te voorkom, sowel as die wye verskeidenheid ondersteuning wat adolessente ervaar wat akademiese sukses aanmoedig. Alhoewel talle studies onderneem is om opvoedkundige ondersteuning internasionaal en van verskeie belanghebbendes na te vors, blyk dit dat daar onvoldoende navorsing ten opsigte van opvoedkundige ondersteuning in die Suid-Afrikaanse konteks is, spesifiek vanuit die perspektief van hoerskoolleerders self. Die doel van die studie was om hoerskoolleerders se ervarings en begrip van opvoedkundige ondersteuning deur hul opvoedkundige reis te ontleed en daardeur die tekortkoming-perspektief en onderwaardering van enkelouerhuise in vergelyking met die tradisionele tweeouerstruktuur uit te daag. Om hierdie onderwerp te verken, het dit ’n kwalitatiewe aard aangeneem. ’n Bio- ekologiese raamwerk is gebruik, aangesien die studie gefokus het op hoe die deelnemers opvoedkundige ondersteuning binne veelvuldige sisteme ervaar het en hoe die interkonneksies tussen voorgenome sisteme die opvoedkundige ondersteuning en uitdagings wat die hoerskoolleerders mag ervaar, kan beinvloed. Die studie is verder onderle deur Bourdieu se teorie van kapitaal en Yosso se teorie van gemeenskapskulturele rykdom. ’n Sosiaal- konstruktivistiese paradigma is gebruik om die fokus te plaas op die stories van deelnemers en hoe hulle hul waarheid ervaar en betekenis daarvan maak. Doelgerigte steekproefneming is gebruik om adolessente vir die studie te selekteer en die data is deur middel van in-persoon oop-vrae vraelyste en ’n fokusgroeponderhoud ingesamel. Voorts is die data met behulp van tematiese analise ontleed. Die navorsingsbevindinge dui daarop dat adolessente baie uitdagings navigeer soos beperkte skolastiese hulpbronne, ’n onveilige gemeenskap, armoede en enkelouers wat sukkel om te voorsien wat dikwels lei tot beperkte kwaliteit tyd wat saam met die adolessent spandeer word. Hulle ervaar egter ook opvoedkundige ondersteuning wat veelvoudig is. Hulle ervaar ouers, onderwysers, vriende, familie en gemeenskap as ondersteuning, sowel as hul eie veerkragtigheid en toewyding om opvoedkundige sukses te behaal. Die bevindinge toon dat enkelouers hul kinders op waardevolle maniere ondersteun, wat insluit: vernuftigheid, deur opvoedkundig betrokke te wees en emosionele ondersteuning te bied soos om hulle aan te moedig om tersiere opleiding na te streef en beter lewens vir hulself te skep. Die bevindinge dra dus by tot ’n groeiende hoeveelheid literatuur met betrekking tot opvoedkundige ondersteuning en beklemtoon die ervarings en uitdagings van adolessente terwyl die waardevolle vorme van ondersteuning van enkelouers erken word.

Description
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Educational assistance -- South Africa -- Western Cape, Single-parent families -- South Africa -- Western Cape, High school students -- South Africa -- Western Cape, Educational change, Nuclear families -- South Africa -- Western Cape, UCTD