Etiese akademiese redigering van tesisse en proefskrifte : ʼn ondersoek na studieleiers aan die Universiteit Stellenbosch se houdings, behoeftes en verwagtinge en die daarstelling van ʼn prototipe-ooreenkomsvorm

Date
2021-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The focus of previous international and local research has mostly been on editors’ and students’ opinions on academic editing. There are international editing guidelines, providing basic standards for the editor and there are provisional editing guidelines for the South African academic editing practice. The local editing guidelines were tested on students in my honnours study (2018) and used to create a prototype agreement form for ethical academic editing. The study found that the opinions of supervisors need to be further researched and that the local provisional editing guidelines have not been tested on supervisors. The focus of this study thus shifts to supervisors with the purpose to firstly determine their attitudes, needs and expectations, and secondly to test the provisional guidelines on them through the use of a prototype agreement form to determine whether it is useful for academic editing practice. Individual online interviews were conducted with fifteen supervisors to investigate their attitudes, needs and expectations, making it a case study. I wanted to determine the views of the supervisors on the ethical editing of theses and dissertations while testing the prototype agreement form to assess if it could lead to the refinement of the existing editing guidelines. Possible outcomes were the improvement of the prototype agreement form, which can be signed by the student and the editor before the editing process starts, as well as an awareness campaign where a list of the tasks and the responsibilities of the roleplayers is presented. This list can help to clarify how far an editor can intervene without overshadowing the writing and research skills of the student, a crucial distinction in implementing an ethical academic editing practice. The study makes a theoretical contribution through the refinement of the guidelines and the improved prototype agreement form, while the application thereof contributes to the academic editing practice. The study can make a valuable contribution to the academic editing practice because supervisors, students and editors will be aware of and consider their role and responsibilities in the editing process, with the aim to satisfy all the roleplayers, which might lead to an improved, ethically founded academic editing practice.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die sienings van redigeerders en studente oor akademiese redigering was hoofsaaklik die fokus van vorige internasionale en plaaslike navorsing op hierdie gebied. Daar is internasionale redigeerriglyne vir die redigeerder, wat basiese standaarde aandui, terwyl daar plaaslik voorlopige redigeerriglyne vir die rolspelers in die Suid-Afrikaanse akademiese redigeerpraktyk opgestel is. Die plaaslike redigeerriglyne is in my honneursstudie (2018) op studente getoets en gebruik om ʼn prototipe-ooreenkomsvorm vir etiese akademiese redigering op te stel. Daar is bevind dat die sienings van studieleiers verder ondersoek moet word en dat die plaaslike voorlopige redigeerriglyne nog nie op hulle getoets is nie. Hierdie studie verskuif die fokus na studieleiers en het ten doel om eerstens hulle houdings, behoeftes en verwagtinge te ondersoek en tweedens om die voorlopige redigeerriglyne op studieleiers te toets deur middel van die prototipe-ooreenkomsvorm, om vas te stel of dit volgens hulle bruikbaar is in die akademiese redigeerpraktyk. Die studie word onderneem deur ʼn gevallestudie en deur individuele aanlyn onderhoude met vyftien studieleiers te voer om hulle houdings, behoeftes en verwagtinge te ondersoek. Die verlangde resultate was dat die sienings van die studieleiers oor die etiese redigering van tesisse en proefskrifte bepaal word terwyl die toetsing van die prototipe-ooreenkomsvorm tot die verfyning van bestaande redigeerriglyne gelei het. Moontlike uitkomste was die verbetering van die prototipe-ooreenkomsvorm wat deur die student en redigeerder onderteken kan word voordat die redigeerproses begin en die beplanning van ʼn bewusmakingsveldtog waar die lys take en verantwoordelikhede van die rolspelers uiteengesit kan word om etiese akademiese redigering aan te moedig. Die studie lewer dus ʼn teoretiese bydrae deur die verfyning van riglyne en ʼn verbeterde prototipe-ooreenkomsvorm, terwyl die toepassing daarvan ʼn praktiese bydrae tot die akademiese redigeerpraktyk lewer. Die ii OPSOMMING Die sienings van redigeerders en studente oor akademiese redigering was hoofsaaklik die fokus van vorige internasionale en plaaslike navorsing op hierdie gebied. Daar is internasionale redigeerriglyne vir die redigeerder, wat basiese standaarde aandui, terwyl daar plaaslik voorlopige redigeerriglyne vir die rolspelers in die Suid-Afrikaanse akademiese redigeerpraktyk opgestel is. Die plaaslike redigeerriglyne is in my honneursstudie (2018) op studente getoets en gebruik om ʼn prototipe-ooreenkomsvorm vir etiese akademiese redigering op te stel. Daar is bevind dat die sienings van studieleiers verder ondersoek moet word en dat die plaaslike voorlopige redigeerriglyne nog nie op hulle getoets is nie. Hierdie studie verskuif die fokus na studieleiers en het ten doel om eerstens hulle houdings, behoeftes en verwagtinge te ondersoek en tweedens om die voorlopige redigeerriglyne op studieleiers te toets deur middel van die prototipe-ooreenkomsvorm, om vas te stel of dit volgens hulle bruikbaar is in die akademiese redigeerpraktyk. Die studie word onderneem deur ʼn gevallestudie en deur individuele aanlyn onderhoude met vyftien studieleiers te voer om hulle houdings, behoeftes en verwagtinge te ondersoek. Die verlangde resultate was dat die sienings van die studieleiers oor die etiese redigering van tesisse en proefskrifte bepaal word terwyl die toetsing van die prototipe-ooreenkomsvorm tot die verfyning van bestaande redigeerriglyne gelei het. Moontlike uitkomste was die verbetering van die prototipe-ooreenkomsvorm wat deur die student en redigeerder onderteken kan word voordat die redigeerproses begin en die beplanning van ʼn bewusmakingsveldtog waar die lys take en verantwoordelikhede van die rolspelers uiteengesit kan word om etiese akademiese redigering aan te moedig. Die studie lewer dus ʼn teoretiese bydrae deur die verfyning van riglyne en ʼn verbeterde prototipe-ooreenkomsvorm, terwyl die toepassing daarvan ʼn praktiese bydrae tot die akademiese redigeerpraktyk lewer. Die bydrae van die studie tot die veld van akademiese redigering kan van waarde wees omdat studieleiers, studente en redigeerders bewus sal wees van en besin oor hulle rolle en verantwoordelikheid in die redigeerproses. Die oogmerk is om alle betrokkenes tevrede te stel, wat ʼn bydrae kan lewer tot ʼn verbeterde, eties gefundeerde akademiese redigeerpraktyk.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Ethical academic editing, Dissertations, Academic, Case study of academic editing process, Prototype agreement form, UCTD
Citation