Ulwazi Lwemveli: the power of indigenous knowledge

Date
2021-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This thesis is titled Ulwazi Ivemveli, which translates to indigenous knowledge from isiXhosa. The purpose of the research was to promote indigenous knowledge, because it is being dominated by Western knowledge. The aim of this study is to regard indigenous knowledge as equal to Western knowledge in terms of how it operates in life. My aim is not to make a claim that indigenous knowledge is pure: I am aware that indigenous knowledge is entangled with Western knowledge. Black people suffered discrimination during the colonial and apartheid ras. The injustices of the past created unfair conditions faced by indigenous knowledge in the current times. During the colonialism, the culture of black people was associated with being ‘uncivilised’. Black people are suffering from the effects of colonialism and apartheid. The thesis focuses on the Xhosa beadwork, which is used as a form of expression by the Xhosa people. Glass beads are hybrids in the Xhosa culture, they were introduced by the Europeans. The Xhosa people adopted and appropriated them with new meaning. The meaning of different colours of beadwork in the Xhosa culture, is explained by the participants during the interviews. A case study design was deemed appropriate for this research study. Six participants, who reside in Khaylitsha and Kayamandi who poses knowledge about Xhosa beadwork and Xhosa attires were interviewed in their natural settings their homes. Th findings and conclusions reveals that Xhosa beadwork is entangled with Xhosa spirituality: the ancestors choose the colour of beadwork for the iniate. This is done through dreams, the iniate dreams of the colours of beadwork he/she must war. During ukuthwasa (training to become a Xhosa tradional halr) a different colour of beadwork is added on the iniate, to show that he/ she has passed a certain stage. Xhosa spirituality also accommodates white traditional hairs: Xhosa tradional hairs can also train white tradional hairs through Xhosa spirituality.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Opsomming Hierdie proefskrif is getiteld Ulwazi lwemveli, wat vertaal van isiXhosa na ‘inheemse kennis’. Die doel van die navorsing is om inheemse kennis te bevorder, omdat dit deur Westerse kennis oorheers word. Die doel van hierdie studie is om inheemse kennis te sien wat op dieselfde vlak as die Westerse kennis werk. My doel is nie om te beweer dat inheemse kennis suiwer is nie: ek is bewus daarvan dat inheemse kennis verstrengel is met Westerse kennis. Daar is teen Swartmense gediskrimineer tydens die koloniale en apartheidsera. Die ongeregtighede van die verlede het in die huidige tye onregverdige toestande vir inheemse kennis geskep. Tydens kolonialisme is die kul- tuur van swartmense geassosieer met wat as 'onbeskaafd' beskou word. Swartmense ly dus onder die gevolge van kolonialisme en apartheid. Die tesis fokus op Xhosa-kralewerk, wat deur die Xhosa-mense as 'n vorm van uitdrukking gebruik word. Al was glaskrale deur die Europeërs bekendgestel, het dit gemeng met die Xhosa-kultuur. Die Xhosa-mense het hulle met nuwe betekenisse aangeneem en toegeëien. Die betekenis van verskil- lende kleure kralewerk in die Xhosa-kultuur word deur die deelnemers tydens die onderhoude verduidelik. 'n Gevallestudie-ontwerp is as toepaslik vir hierdie navorsing beskou. Ses deelnemers, wat in Khayelitsha en Kayamandi woon, wat kennis oor Xhosa-kralewerk en Xhosa-kleredrag lewer, is ondervra in hul natuurlike omgewing. Die bevindinge en gevolgtrekkings onthul dat Xhosa-kralewerk verstrengel is met Xhosa-spiritu- aliteit: die voorouers kies die kleur van die kralewerk vir die ingewydes. Dit word gedoen deur drome. Die ingewyde droom oor die kleure kralewerk wat hy/sy moet dra. Tydens ukuthwasa (opleiding om 'n Xhosa-tradisionele geneser te word) word 'n ander kleur kralewerk by die in- gewyde bygevoeg om aan te toon dat hy/sy 'n sekere stadium geslaag het. Xhosa-spiritualiteit huisves ook wit tradisionele genesers: Xhosa tradisionele genesers kan ook wit tradisionele gene- sers oplei deur middel van Xhosa-spiritualiteit.
Description
Thesis (MA(VA))--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Ethnoscience -- South Africa, Healers -- South Africa, Xhosa language -- South Africa, UCTD
Citation