Military activities and the environment? : theological-ethical responses from an Anglican perspective

Date
2020-11
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study focuses on Anglican ecotheological responses to the possible negative impact of military activities on the environment. Chapter One gives clarity regarding the central concepts in as well as the main theme of the study. It also provides an introduction to and the motivation for the study, explains the research approach and methodology that has been employed, states the research question that will be answered, the aims of the study and, finally, gives an outline of chapters the dissertation comprises of. Chapter Two explores the nature of the negative impact of military activities may have on the environment. This specifically identifies the so-called levels of war, namely at the level of national strategy, at operational levels and at tactical levels and how activities at each level may contribute to environmental degradation. Using war as an example, Chapter Three gives a historical overview and examples of the extent of the negative impact (physical as well as morally) military activities in the past have had on the environment. Chapters Four to Six focus on the nature, content and possible role ecotheological responses may have to the negative impact of military activities on the environment. Since Anglican ecotheological responses are at the centre of this study, it is argued in Chapter Four that the Lambeth Conferences already offer some valuable guidance to the Anglican Community in the form of ecotheological themes, inferences, notions and frameworks from which a nuanced Anglican ecotheology may be formulated. Chapter Five offers additional Anglican ecotheological sources in addition to the Lambeth Conferences in the form of other Anglican forums, such as Anglican Communion Environmental Network (ACEN), as well as the views of a selection of Anglican theologians that to date have contributed to (Anglican) ecotheological thought. Chapters Four and Five thus provide guidelines toward an Anglican ecotheological construct according to which the world is viewed “as God views it”, that is, a perspective predicated by principles promoting interrelationships, interdependence and intercommunion. The final chapter of this study, Chapter Six, revisits the research question posed in Chapter One and summarises the main arguments offered in answering it. Here, the study also proposes how an Anglican ecotheological construct may be employed by the Anglican Church of Southern Africa (ACSA) in collaboration with the (South African) Department of Defence (DOD) in addressing current or possible future negative impact of the military on the environment. Chapter Six concludes that, within the SANDF, Anglican chaplains are in a unique position to use Anglican ecotheology to promote the idea of the coexistence between the military and the natural world, to (theologically) encourage the SANDF to recognise creation as a companion, a fellow sojourner and trusted “significant other” without which humanity cannot exist or prosper. Such an ecotheological vision may inform short, medium 4 and long-term endeavours aimed at ecological sustainability and responsible development, even in contexts of military intervention.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie fokus op Anglikaanse ekoteologiese response op die moontlike negatiewe impak van militêre aktiwiteite op die omgewing. Hoofstuk Een gee helderheid oor die kernkonsepte in, sowel as die oorhoofse tema van die studie. Dit bied ook ʼn inleiding tot en die motivering vir die studie, dit verduidelik die navorsingsonwerp en -metodologie wat gebruik word en stel die navorsingsvraag wat ondersoek word en die doelwitte van die studie. Dit gee ook, ten slotte, ʼn oorsig van die hoofstukke in hierdie proefskrif. Hoofstuk Twee ondersoek die aard van die negatiewe impak wat militêre aktiwiteite mag hê op die omgewing. Daar word spesifiek verwys na die sogenaamde vlakke van oorlogvoering, naamlik op die vlak van nasional strategie, die operasionele vlak en die taktiese vlak en hoe aktiwiteite op elk van hierdie vlakke kan bydra tot omgewingsagteruitgang. Deur oorlogvoering as voorbeeld te gebruik, gee Hoofstuk Drie ʼn oorsig en voorbeelde van mate van die (fisiese en morele) negatiewe impak wat militêre aktiwiteite kan hê op die omgewing. Hoofstukke Vier to Ses fokus op die aard, inhoud en moontlike rol wat ekoteologiese response mag hê op die negatiewe impak van militêre aktiwiteite op die omgewing. Aangesien Anglikaanse ekoteologiese response sentraal tot hierdie studie is, word in Hoofstuk Vier geargumenteer dat die sogenaamde Lambeth Konferensies reeds waardevolle riglyne bied aan die Anglikaanse Gemeenskap in die vorm van ekoteologiese temas, verwysings, idees en raamwerke wat kan dien as basis vir Anglikaanse ekoteologie. Hoofstuk Vyf ondersoek addisionele Anglikaanse ekoteologiese bronne naas die Lambeth Konferensies in die vorm van ander internasionale Anglikaanse forums, soos die Anglikaanse Gemeenskapsomgewingsnetwerk (Anglican Communion Environmental Network – ACEN), sowel as die sienings van geselekteerde Anglikaanse teoloë wat tot op hede bydraes gemaak het tot Anglikaanse ekoteologiese nadenke. Hoofstukke Vier en Vyf bied daarom riglyne vir ʼn Anglikaanse ekoteologiese konstruk in terme waarvan die wêreld gesien kan word “soos God dit sien”, dit is, vanuit ʼn perspektief en volgens beginsels geskoei op onerlinge verhoudings, onderlinge afhanklikheid en onderlinge kommunikasie. Die slothoofstuk, Hoofstuk Ses, herbesoek die navorsingsvraag gestel in Hoofstuk Een en som die hoofargumente in die beantwoording daarvan op. In hierdie hoofstuk word ook voorgestel hoe ʼn Anglikaanse ekoteologiese konstruk gebruik mag word deur die Anglikaanse Kerk van Suider-Africa in samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Departement van Verdediging (SANDV) om huidige of toekomstige negatiewe omgewingsimpak van militêre aktiwiteite aan te spreek. Daar word ook tot die gevolgtrekking gekom dat Anglikaanse kapelane in ʼn unieke posisie is in die SADV om Anglikaanse ekoteologie te gebruik om die idee te bevorder van die naasbestaan van die militêre en die natuurlike omgewings, om die SANDV (teologies) aan te moedig om die Skepping te sien as sy metgesel, reisgenoot en as betroubare “betekenisvolle ander” waarsonder die mens nie kan voortbestaan en floreer nie. Sò ʼn ekologiese visie mag die kort-, medium- en langtermyn ywer vir ekologiese onderhoubaarheid en verantwoordelike ontwikkeling verseker, selfs in die konteks van militêre intervensies.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Environment -- South African Army, Anglican Communion, Bangui Armed forces, War -- Religious aspects -- Christianity, Ecotheology, UCTD
Citation