Vertaling en taalverwerwing : 'n literatuuroorsig oor die vertaling van intertalige onderskrifte

Date
2020
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet Akademies
Abstract
Hierdie oorsigartikel vorm deel van ’n breë navorsingsprojek oor vertaling en taalverwerwing.1 Die doel van hierdie artikel is om eerstens in die breë na die gebruik van vertaling vir taalverwerwing te kyk en tweedens om die gebruik van intertalige2 onderskrifte3 in taalverwerwingsklaskamers te ondersoek – spesifiek om woordeskat aan te leer. Die teoretiese raamwerk vir die studie is die tweedetaalverwerwingsteorie4 van Krashen (1982 en 1985) asook bewuste en onbewuste taalverwerwing aan die hand van veral Hulstijn (2013) se navorsing. Omdat woordeskataanleer ’n belangrike vaardigheid binne taalverwerwing is, word teoretiese aspekte rondom die aanleer van woordeskat geïntegreerd bespreek. Voorts word vertaling binne taalverwerwing onder die loep geneem – sien Newmark (1991), Jones (2010), Yadav (2014) en Van den Berg (2019). Die artikel lewer verslag van ’n kleinskaalse empiriese ondersoek deur Van den Berg (2019). Sy onderneem ’n gevallestudie met dosente wat by die Universiteit Stellenbosch by die onderrig van vreemde tale betrokke is om hulle menings oor die gebruik van vertaling binne taalverwerwing te verkry. Die fokus van die artikel verskuif na die gebruik van intertalige onderskrifte binne die veld van taalverwerwing – soos ondersoek deur Harji, Woods en Alavi (2010), Caimi (2013), Du Plessis (2015) en Peters en Webb (2018). Muller (2019) maak gebruik van ’n vraelys om studente wat Afrikaans by die Universiteit Stellenbosch aanleer se menings oor hoe intertalige onderskrifte in taalverwerwing gebruik kan word om ’n vreemde taal aan te leer, te verkry. Die vertaalstrategieë van Gottlieb (1992 en 1994) vorm deel van die teoretiese raamwerk oor intertalige onderskrifte. Etlike studies wat van Gottlieb (1992) se taksonomie gebruik maak, word kortliks bespreek voordat die artikel tot ’n slotsom kom.
This review article forms part of a broader research project on translation and language acquisition. The aims of the article are, in the first place, to look broadly at the use of translation for language acquisition and, secondly, to study the use of interlingual subtitles in language acquisition classrooms – mainly to learn vocabulary.
Description
CITATION: Adendorff, E. 2020. Vertaling en taalverwerwing : 'n literatuuroorsig oor die vertaling van intertalige onderskrifte. LitNet Akademies, 17(2):488-513.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Second language acquisition, Translating and interpreting, Interlingual subtitling
Citation
Adendorff, E. 2020. Vertaling en taalverwerwing : 'n literatuuroorsig oor die vertaling van intertalige onderskrifte. LitNet Akademies, 17(2):488-513.