Graad 11-leerders se siening van middelemisbruik deur adolessente in ’n plattelandse gemeenskap

Date
2020-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT : The Northern Cape, as part of the research context for this study, is characterised by specific economic and social problems, including a low socio-economic status, high unemployment, disintegrated family systems and substance dependency. Adolescents who grow up in such rural environments are exposed to the abovementioned obstacles on a daily basis. As a result, they may be more susceptible to the misuse of harmful substances. Limited research regarding substance abuse amongst adolescents in a rural environment is currently available. The objective of this study was to explore the viewpoints of Grade 11 learners in a historically disadvantaged rural community with regard to substance abuse amongst adolescents. A participant perspective was selected for the study, implying that the viewpoints of the Grade 11 learners were placed centrally in the study. In an effort to understand and describe the viewpoints of the Grade 11 learners on substance abuse amongst adolescents, a qualitative research design within an interpretivist paradigm was employed. Data were collected by means of an activity and individual and focus group interviews. The research results highlight four important themes. Firstly, several causes for substance abuse to be found within different systems were illuminated. In the second place, the reality and extent of the challenge amongst adolescents in the research community was shown, with a specific focus on the risks involved in the abuse of harmful substances. Thirdly, the potential contribution of the subject Life Orientation with regard to the prevention of substance abuse was highlighted. The deficits within the presentation of the subject also received attention. Finally, the participants made important recommendations with regard to the prevention of substance abuse and support for adolescents already using harmful substances. Collaborative partnerships to address the comprehensiveness of the challenge were emphasised.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Die Noord-Kaap, wat deel uitmaak van die navorsingskonteks van hierdie studie, word deur bepaalde ekonomiese en maatskaplike probleme gekenmerk, wat insluit ʼn lae sosio-ekonomiese status, hoë werkloosheidsyfer, gebroke gesinstrukture en middele-afhanklikheid. Adolessente wat in hierdie plattelandse omgewing grootword, word daagliks aan bogenoemde hindernisse blootgestel. Dit mag hulle meer vatbaar maak vir die misbruik van skadelike middele. Beperkte navorsing oor middelemisbruik onder adolessente in ʼn plattelandse omgewing is tans beskikbaar. Die doel van hierdie studie was om Graad 11-leerders in ʼn histories-benadeelde plattelandse gemeenskap se sienings van middelemisbruik onder adolessente te ondersoek. Die studie het ʼn deelnemersperspektief aangeneem, dus is die Graad 11-leerders se sienings sentraal binne die ondersoek geplaas. In ʼn poging om Graad 11-leerders se sienings oor middelemisbruik onder adolessente te verstaan en te beskryf, is van ʼn kwalitatiewe navorsingsontwerp gebruik gemaak en die studie is vanuit ʼn interpretivistiese paradigma benader. Data is met behulp van ʼn aktiwiteit, sowel as individuele en fokusgroeponderhoude, bekom. Die navorsingsbevindings het vier belangrike temas uitgelig. Eerstens is verskeie oorsake vir middelemisbruik uitgelig wat binne verskeie sisteme teruggevind kon word. Tweedens is die realiteit van die omvang van die uitdaging onder adolessente in die betrokke gemeenskap aangetoon, met die klem op die risiko's wat met die misbruik van skadelike middele verband hou. Derdens het die potensiële bydrae van die vak Lewensoriëntering tot die voorkoming van middelemisbruik aan die beurt gekom. Die leemtes binne die aanbieding van die vak is ook uitgewys. Ten laaste het die deelnemers belangrike bydraes gelewer in terme van voorstelle ter voorkoming van middelemisbruik en die ondersteuning van adolessente wat reeds skadelike middele misbruik. Samewerkende vennootskappe is beklemtoon ten einde die omvangrykheid van die uitdaging te kan aanspreek.
Description
Thesis (MEdPsych)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Substance abuse -- Rural teenagers -- Northern Cape (South Africa), High school seniors -- Attitudes -- Northern Cape (South Africa), Life skills -- Study and teaching (Secondary), Poor -- Northern Cape (South Africa), UCTD
Citation