Gemeenskapsvertaalpraktyk : gewone taal vir die hervertaling van 'n bankteks

Date
2020
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Suid-Afrika is ’n land waar Engels geredelik as voorkeurtaal of oorbruggingstaal in verskeie openbare domeine gebruik word. Een van daardie domeine is die bankwese. Hierdie toedrag van sake is egter problematies, veral as daar gekyk word na die statistieke rakende die taalverspreiding in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse regering het verskeie wette, onder andere die Wet op Verbruikersbeskerming en die Nasionale Kredietwet, uitgevaardig. Hierdie wette stipuleer duidelik dat enige geskrewe kommunikasie, ingesluit in die bankwese, in gewone taal beskikbaar moet wees, en dat verbruikersdokumente toeganklik moet wees vir elke kliënt. Dit bepaal dus dat dokumentasie beskikbaar moet wees in taal wat die kliënt verstaan. As gevolg van die wyd uiteenlopende geletterdheidsvlakke in Suid-Afrika is dit ondoeltreffend om dokumente bloot direk in die verskillende tale te vertaal sonder om bykomende aanpassings aan te bring om te verseker dat die kliënte met wisselende geletterdheidsvlakke geakkommodeer word. Hierdie wetgewing het ten doel om te verseker dat openbare deelname en toegang tot inligting bevorder en aangemoedig word. Indien kliënte nie die dokumente wat hulle ontvang, verstaan nie, is hulle nie in ’n posisie om ingeligte besluite te kan neem of aktief in die samelewing te kan deelneem nie. Die doel van hierdie studie is om ’n hervertaling van ’n bestaande bankteks te doen en die beginsels van gewone taalgebruik en gemeenskapsvertaling toe te pas ten einde ’n vertaling te skep wat toeganklik en verstaanbaar is vir beide die ingeligte en oningeligte leser. Die hervertaling word dan ook geannoteer om die verskille tussen die oorspronklike Afrikaanse vertaling en hervertaling uit te lig, en te beklemtoon watter rol gewone taalgebruik en gemeenskapsvertaling speel in die beskikbaarstelling van verstaanbare dokumente in die openbare domein en die bevordering van openbare deelname en billike toegang tot inligting.
In South Africa, English is readily used as a bridging language in various public domains, including the banking sector. Various laws, including the Consumer Protection Act and the National Credit Act, clearly stipulate that any written communication, particularly in the banking sphere, must be made available in plain language, and that banking documentation should be accessible to every client. These legislation was instituted to ensure that the public make informed decisions and have access to information. If clients do not understand the documents they receive, they are not in a position to make informed decisions, or to participate actively in society. It also determines that documentation should be available in the language the client understands. However, it is not enough to translate these documents into the various languages without making additional adjustments to accommodate the various literacy levels of the diverse clientele.
Description
CITATION: Cupido, A. & Lesch, H. 2020. Gemeenskapsvertaalpraktyk : gewone taal vir die hervertaling van 'n bankteks. LitNet Akademies, 17(1):138-170.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Afrikaans language -- South Africa -- Translations, Literary form, Language and languages -- Style, Banking sector -- South Africa -- Language, Translating and interpreting -- South Africa
Citation
Cupido, A. & Lesch, H. 2020. Gemeenskapsvertaalpraktyk : gewone taal vir die hervertaling van 'n bankteks. LitNet Akademies, 17(1):138-170.