Omgewingsregeerkunde, die menslike persoon en die sosiale orde : 'n hervertolking

De Wit, Martin (2019)

CITATION: De Wit, M. 2019. Omgewingsregeerkunde, die menslike persoon en die sosiale orde : 'n hervertolking. LitNet Akademies, 16(1):1-18.

The original publication is available at https://www.litnet.co.za

Article

Die teorie van omgewingsregeerkunde berus op kernaannames oor wat orde beteken en hoe mense besluite neem. Die dissipline van omgewingsregeerkunde maak egter toenemend van die moderne ekonomiese benadering van aansporings en instellings gebruik en rolspelers konsentreer hoofsaaklik op optrede wat ekonomiese doeltreffendheid en uiteindelik ook oorlewing verseker. Met so ‟n onderwerping aan die totaliteit van die mark ontstaan die vraag egter oor waar die menslike persoon hom bevind. Die doel van hierdie artikel is om die al hoe meer dominante ekonomiese benadering tot omgewingsregeerkunde te hervertolk. Hierdie doel word bereik deur op drie onderling verbonde faktore te konsentreer, naamlik die belang van die menslike persoon in omgewingsregeerkunde, die begrippe van sosiale en morele orde, en die implikasies vir menslike gedrag en besluitneming. Die benadering is om die geskiedenis van moderne filosofiese denke oor sosiale orde en die menslike self te ondersoek met behulp van geselekteerde kerntekste op die interdissiplinêre gebiede van die filosofie en teologie. Vertolking ontken nie hoërordewaarhede nie en is nie noodwendig relativisties van aard nie, maar vervul ‟n belangrike rol as blootlegger van die geneigdheid om sekere gedagtes en aksies in ‟n absolute te verander. Die vorm van die menslike self word voorgestel as ‟n persoon wat in verhouding tot ander staan. Die self kan hom nie van aksie onttrek nie; die persoon kan nie terugstaan en hom onderdanig verklaar aan die wêreld as ‟n unitêre proses of aan sosiale ordes nie. Die toekoms bly onderhewig aan menslike optrede. Versuim om as persoon op te tree is ‟n toestand van relasionele wanorde. Die artikel toon aan dat regeerkunde ag moet slaan op die vorm van die persoonlike. Die sosiale orde bestaan uit persone wat in verhouding tot ander staan. Verdere ondersoek vra noukeurige aandag vir die intellektuele vorm van die persoonlike op die gebied van omgewingsregeerkunde.

As ecological problems have grown in complexity and scale, traditional modes of environmental governance have started to shift towards newer ones that involve a greater variety of actors across a greater diversity of institutions, behaviours and sources of knowledge, operating under the logic of economic efficiency. The theory of environmental governance works on key assumptions about what order means and how people make decisions. The discipline of environmental governance has increasingly accepted the modern economic approach of focusing on incentives and institutions, and actors focus primarily on actions that offer economic efficiency and ultimately enable survival. With such a submission to the totality of the market, the question needs to be raised regarding the position of the human person.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/107498
This item appears in the following collections: